Sunday 9 May 2021

kom ons praat oor die weer

intelligente mense sê dit is nie smaakvol 
om oor die weer te gesels
maar ek dink dit is bitter opwindend
wat is lekkerder as om te beskryf
hoe sterk en van watter hoek die winde oor my nek waai?
wat nog te sê van die heerlike skyn van 
die son na dae aaneen van reën?
ons velle raak mos opgekikker en 
wakker getoor deur die vingers van die weer
hoe lawend hoe salwend wanneer die reën oor die droë aarde val
en wat van daai wolke wat bly vorm verander en 
my oë toor met draak-, gesig- en seeperdjie-beelde 
wie wil tellie of selfoon kyk as jy op jou rug kan lê en staar na die wolke?!

wie't nou weer gesê moenie oor die weer gesels nie?
ek gaan nie net oor die weer praat nie
ek gaan daaroor sing!
EN niemand gaan die onderwerp verander nie!

No comments:

Post a Comment