Friday 21 May 2021

kyk wat doen ek met woord-kultus

is digkuns nie net 'n eggo-ende spoggery?
'n opstêrse aansittery?
'n grênd verbaal-argitektoniese showdown
om te wys hoe stewig die digter se woordkultus en 
kultuur in haar hart geplant is nie?
ek kan nie help om te dink dat dit meer kere 
'n luidkelige opswepery van stof en wind is

die lekkerste deel van die proses is om die aangepakte korrels metafore 
uit die hoeke van my oë te vryf
 - en nog lekkerder - om die aanpaksels van die vinger te lek 
en 'n paar knarsende byte te gee
en maag toe te sluk
of ver verby die horison te spoeg

No comments:

Post a Comment