ek
vermoed ek dink te groot
te
diep
te
ver
dink
klein
dink
hier vlak naby my eie oog
my eie hart
my eie hart
as
ek bly snuif agter die gat van die Groot Gedagte
gaan
hy my bly ontwyk
soek
vir die Klein Gedagte
so
klein dat ek hom tussen
my
duim en wysvinger kan vasdruk
en
net duskant die kleinste lugholte
tussen
my ribbes kan indruk
die
Klein Gedagte sal tevrede daar sit
klein wortels en blaartjies sal begin spruit
en
filigraan deur my borskas rank
hou
vas aan daai Klein Gedagte
laat
hom bollemakiesie slaan in my kop
hy
is nie bang vir enige iets nie
nie
eens vir die Groot Gedagte nie
daar
is ‘n sterk sin van vervolmaking in
die
bewussyn van die Klein Gedagte
ek
weet dat al sou ek belangstelling
in
hom mag verloor
sy
grootte geensins sal verander
nie
kleiner of groter sal hy word
komaan, leer
om met kalmte
en genoegdoening
die
Klein Gedagte te bemin
min plek vat hy
en lig lê hy in my kop
ek het geen vrees -
hy sal my nie laat omtiep
van buitensporige gewigtigheid