agoniseer
al jare lank oor die
pandemiese
tyding
wat
touspring oor die bukoliese juigliedere
wie
bedien alewig die swetterjoel anarchiste
wat
hulself vermurwe met die karmosyn verdoemenisse?
jy
sal moet ligloop vir die smotsige kombuishande
wat
hard probeer ‘n inkomste verdien
die
verskoonagtige versies skitter verboureerd met
die
modieuse arsenaal lettergrepe wat die gedagtes wil orkestreer
die
grassnyer bly dwars en dans klippig en pittig
deur
die bowling alleys van die gewete
die
heuning en die dou vergaar behendig al die swerkater
se
verskonings en verdedig die besimpelde ritteltits
al
wie bly mediteer in hierdie tye is die bedagsame pigmente
wat
nie oor die nuutgeborenes se velle wil spat nie
die
meganiese trots van die kariljon kners op sy tande
en
elke beier van sy klokke loop katvoet deur
die vergetelheid
wat
knobbelrig bly progresseer met groot drif
die
geluksalige gesant raadpleeg die fatsoenlike karbonkel
om
die droom te laat bedaar
kom
eet jou selerysop
daai
groen vesels sal die agoniserende palimpses balanseer
met
onslordige verduidelikings
ek
parafraseer maar net die groot idee wat so graag
sy duisendjarige verjaarsdag wil
vier
komaan, vergeet van die alewige afskeping
my dierbare agterdogtige palimpses
blaas die duisend kerse dood
en sing vollebors die bukoliese juigliedere!