ons het geen verskoning die nuwe kleur van elke dag borduur haarself in die vlae van ons lewens laat ons onthou om te juig met ons wapperende kleure wat tuimel uit ons monde en arms
ek wil 'n gedig skryf wat so maklik skil soos 'n nartjie 'n rympie wat gemaklik en tuis in die mond lê soos die glimlaggende lyfie van 'n nartjieskyfie 'n vers wat glimmer soos die sitrus-barnsteen in die son van jou oë