Sunday 29 September 2024

no one knows

where do all the fragments of moods go?
last week i blamed the moon
the week before that my shedding womb
this week the warm berg winds unexpectedly melting
our hibernating hearts
the blood and bones collide
no one knows which direction to go
out of joint
the widening gyre 
the people can not hear the poets
the poets do not hear themselves
the sky crumbles
the anchor dissolves
the heart sinks
still the soul 
keeps 
rising

may 2024

Saturday 28 September 2024

ek is nie jammer

die lewenskreun is onverskrokke
al is die elemente hoe ongenaakbaar

die kontrapunt in my lewensfuga
soek alewig na die ontwykende voltooide kadens

die onrus bly
smeul in die smeltkroes

die primordiale gil bly
diep-versonke in my ongekarteerde hart

die heilspellende soeke
hou nie op om binne my borskas te vibreer

die trillings laat my speeksel
in my kieste opdam

die begeerte vir glorieryke seges
bly die bloed wild en wakker uitpêrel soos kwiksilwer

ek is nie jammer dat ek voel begeer en reageer nie
hierdie gedig kan my hart genadeloos vir die wêreld oopspalk

Wednesday 18 September 2024

klou

 verbete klou ek 

styf vas

aan 

die steierwerk

van

jou soene

Sunday 8 September 2024

hoekom kom jy nie nader nie?

my spiere is in die pad
die stopstrate is in die pad
my ribbekas is in die pad
die definisies is in die pad
my oë is in die pad
die ratstok is in die pad
my hart is in die pad
die geheue is in die pad
my self-beeld is in die pad
die woorde is in die pad
my weersin in teleurstelling is in die pad
die voorouers is in die pad
my verbeelding is in die pad
die begeerte is in die pad