ek weet die woorde agtervolg my
ek kan hulle net nie sien nie!
ek kyk al om my heen
ek kyk al om my heen
sonder vorm sluip hulle
hoorbaar is hulle hygende asemhaling in
die gate van die lug
donder weet, ek is verslaaf daaraan om hulle in ‘n vorm te giet
ek kry net nie genoeg daarvan!
god weet, hierdie skryfkuns is goed vir die hart
dit oefen die palpiterende spier teen ‘n ferm en ritmiese
pols
senuwees staan pen-orent
geen afskaling van my waaksaamheid
my oë staan op stokkies
ek wil enige iets in die nabye en in die vertes
kan raak eien en dit omskryf vanuit
die kwylende vervoering
ek soebat dat die verruklike harmonie en
die uitbundige ekstase van die skrywershand
nie
verdwyn
nie
ek skryf dit diep in
die gryn van my wese
laat dit soos ‘n hipnotiserende mantra in my resoneer
en my nooit laat los
dit voel asof die verant-woorde-likheid
net te groot is om die woord te laat kwyn
die gevoelentes metafore en objekte
sal my nooit vergewe as ek hulle so kop-en beenloos
in die stof laat lê
ek sal dit uitdruk tot die laaste druppel toe
al is dit die enigste ding wat ek doen
dis vervulling genoeg
om beelde en beindruksels
uit
die
swart
griffels
te
giet
beauty
ReplyDelete