Thursday, 27 August 2015

dit is elke keer begin by die begin

dit is elke keer begin by die begin
die blanke vlak wat elke keer
niksseggend my kreatiewe oorlewing uitdaag

is staar genoeg?

ek balanseer die pen op die toppe van my vingers
ek staar diep binne
hierdie  breindoodse verwyling
van tyd

Wednesday, 26 August 2015

ring ring ring in the sound

ring ring ring in the sound
make my skin quiver relentlessly
soothe the hard edges around my heart

ring ring ring in the sound
bring me to the heart of the harmony
where i shall find the answer to this

ring ring ring in the sound
lay the resonance on my skull
and sing into my mind

ring ring ring in the sound
oh how my heart trembles with delight
bring bring bring out the tears

i wish for bells,
birds' throats,
wind through grass
and soft satisfied sighing

i wish for silence too
for it rings in the perfect cadence
after all of this

Monday, 24 August 2015

soos naels

die poësie groei stadig en geduldig
soos naels

en soos naels is poësie daar
om die jeuk te krap

en al gaan die lyf dood
die naels bly groei

like nails

poetry grows slow and patiently
like nails

and like nails poetry is there
to scratch the itch

and even when the body dies
the nails keep on growing

Thursday, 20 August 2015

colour red

die hond hardloop deur die strate
tot in die katedraal
akoesties is die toneel treffend
my dog ran away
resoneer deur Gods-hof

Rita die hond moet besluit
tussen bitter man
en mooi vrou
die Franse se doodluiterse dialoog
i want nothing
then stop breathing
good idea

spioeneer op die bure se telefoongesprekke
hy gooi die kookwater sekuur
vanuit die ketel op die vloer
skiet sy kruisband teen sy bors

                ek hoor die sluk in haar slukpyp

wat ‘n mens weet van ander mense  en reageer
of nie reageer

hy was ‘n regter en fel geen oordeel meer
hy druk die pen stukkend teen die papier
kougom sit vas in die slot
hy wil nie glo wat sy sê
dring aan op sy suspisie

oorfone hang met opera-sillabes in die lug
die bitterheid los op met
die geboorte van sewe hondjies
al wat hy soek is skadelose geselskap

in die skuldige oomblik brand die gloeilamp uit

Wednesday, 19 August 2015

oer-sprong

ek het niks nuuts om te sê nie
moet ek dan net ‘n spieël wees wat ‘n honderd ander spieëls reflekteer ad infinitum?
‘n kwakende padda wat al die ander kwakendes nakwaak?
‘n pappegaai wat briljant is met na-praat?
‘n krans of grot wat kop-en lyfloos
net agterna eggo eggo  eggo                      eggo                                      
en niks oorspronklik vanuit sy eie diep binnekant kan sê nie?
god weet, ek wil die stem wees en nie die eggo nie!
ek wil die bemagtiging van voorloop en vryheid weer voel
die swier van eie krag
laat ek altyd op die punte van my tone wees
op die punt van my tong
en gereed om in
die oer-sprong-likheid van
die Woord
te spring

Tuesday, 18 August 2015

diep daar onder is ek jy

diep daar onder is ek jy
en jy ek
die goue lyn wat ons bind
is sterker as spierkrag
magtiger as kopkrag
dit is nie verbeelding dat
diep daar onder jy ek is
en ek jy
die lyne wat ons bloed teken
skryf in ‘n taal
wat poësie uit ons are laat straal

diep daar onder
hoef ons nie te praat
hoef ons nie te sien
diep daar onder is ons nie normaal
maar wel bo-normaal
ja, daar ver onder
is ons suiwer mens
suiwer siel

soms neem dit 'n diep sny
om diep te tref
en tot by die essensie te kom
die diepte maak my o so hartstogtelik huil
want die diepte is so 'n raar ding
ons skroom,
kry skaam
vir daardie diepte

daar is geen keuse
die diepte is daar
om in te staan
en te groei
dieper en dieper
hoe sterk ookal die winde teen my waai
ek sal my grond bly staan

diep daar onder is ek jy
en jy ek
die goue lyn wat ons bind
is sterker as spierkrag
magtiger as kopkrag
dit is nie verbeelding dat
diep daar onder jy ek is
en ek jy
die lyne wat ons bloed teken
skryf in ‘n taal
wat poësie uit ons are laat straal

Monday, 17 August 2015

maar net mens

ek huppel vlugvoetig oor die klippe
met die ou tannies se sing-alongs
helder ingekleur
in my gemoed

hoe de donner moet die groen onder my
eie voete groei as ek die heeltyd om een plek staan?
die gras sal mos verdor!

al gedra ek myself hoe,
dis altyd so moeilik om my wispelturigheid
hok te slaan

ek verpes verleentheid
en donder, hoekom sit geleentheid
so na aan verleentheid?!

ek hou van die grond onder my voete
dis kaalvoet wat my leer om die weerstand te laat vaar
en net te staan
voete klou vanself

moenie my opinie deesdae vra
want ek forseer so dikwels om nie saam te stem nie
drapeer die winde van weerstand om my
my vel sal wild wapper
en die duiwels op my skouer sal grinnik

onmiddelike lewegewendheid sit 
hier in my asem
hoekom nie mildelik asem skep
duisend keer per dag
ek sal 'n paar muggies insluk
maar meer suurstof in die longe
sal verseker 'n magtige sin-dikaat
van helder gedigte skep
ek sal die spel van die lewe ook beter speel

ek hou van krismis-tyd – die neute skyn
meer goud en brons as gewoonlik
die strikke maak my tone krul van krismis-plesier
en die allerlei koekies gepak in hulle blink blikke
bulder skaamteloos die vretende tering van
die verorberende verbruikers

deur die kunsliedere wat deur
my vingers sypel
word my verwarring gesus
en kan ek weer helder dink

Friday, 14 August 2015

white moths

suddenly my arms do not want to lift
they refuse to wave to anyone
they refuse to raise in joyful salute
they refuse to swing in dance

my joy
my movements
my freedom
cocooned in the pits of my arms

yet i never forget the feeling
of flying with arms open wide
i can and will not forget
because the wings,
though now willfully immobilised,
will never stop rustling, budding, throbbing,
tingling, pulsing, 
quivering in anticipation to
spread   open     in       flight   

one day my arms will rise again
and the white moths
will
fly
free

Thursday, 13 August 2015

digter-digter

ek speel met die tikbord
heen en weer rankskik ek 
die letters en woorde agtermekaar
ek wil hierdie spel bemeester
in die hoop dat die gedigte
die apoteose van
verheerlikende kuns sal bereik
sodat ek kan glo ek kan
digter-digter met oortuiging speel

Wednesday, 12 August 2015

eenvoudig

diep in
die binnenste ruimte
van die hart
klou die uitmergeling
die ootmoed
die verleentheid
die spyt
die weemoed
die verlange

vlak op
die buitenste ruim
van die vel
bly
die
son
eenvoudig
skyn

Tuesday, 11 August 2015

vandag is die begin

vandag is die begin van
die res van my digterslewe
slyp my pen
rol my tong om en om
diep asems in en uit
al my sintuie op aandag
sluk die suurlemoenwater met
oordrewe peristalse
vat aan my nek
druk my hand warm en styf om
my slukpyp
voel die beurende lus van
die verborge woorde
smagtend om uit te breek en
die wêreld in te vaar

Sunday, 9 August 2015

do not talk down on me

do not talk down on me
because, let me tell you
i am as high as high can be
higher than a crown can raise me
higher than money can fling me
higher than a god can bless me
higher than drugs can make me
higher than learned speak can take me
so please, you are wasting your time
talking down on me
because i am as high as high can be

Friday, 7 August 2015

tragikomedie

ek wil die humor van 
hierdie penarie waarin ek 
verstrengel is uitsif
ek voel strak en styf
so verkrimp en onvry 
iewers moet ek 
die moedswilligheid van
my gemoedere in 
‘n komedie vasvang
daar is niks so snaaks soos oor-ernstigheid

tog is daar niks so tragies soos self-inkerkering

Thursday, 6 August 2015

dit is nie onmoontlik

sluit die onmoontlikheid uit jou brein
dit is nie onmoontlik om verandering te weeg te bring
wees dapper en onbeskaamd
daar is niks beter as om uit jouself te klim
en in ‘n nuwe ruimte te loop nie
verbeel nuwe horisonne
droom van onontdekte grotte
daar is iets ongerep aan jou selle
moet nie jouself oortuig dat
alles verbrokkel en verdorwe
moenie glo dat lig verniet in jou oë blink nie

Wednesday, 5 August 2015

sy weet woorde is nie genoeg

sy weet woorde is nie genoeg om
haar te red
maar tog bly sy aanhou 
beelde, metafore en belewenisse
vas te vang in digterlike swier
die verse is haar net
sy kan so hoog en so ver spring as wat sy wil
tog weet sy haar woorde sal haar met die val
weer vang
‘n veilige heenkome
waarheen sy altyd sal terugkeer

Tuesday, 4 August 2015

ek is verlief op Stilte

ek moet erken
ek is verlief op Stilte

hoeveel keer wou ek al
met Stilte weghardloop en 
in donker en verafgeleë stegies
met hom vry tot die son 
soos taai stukke goue marmelade
oor die horison oopbreek

Monday, 3 August 2015

that feeling when my innards cry

that feeling when my innards cry itself into
the knotted sadness of powerlessness
when will i feel my jowls soar with wings again?
there is nothing that comes close to
the freedom of loud-mouthed creativity

          no one has to hear 
          my enunciations
          but me myself

may i write these words well enough 
to convince your eyes that 
words can simply be
soundless cyphers
exploding
quietly
in your mind