die
lig van hierdie gedig gloei warm op my gesig
ek
murmureer die woorde saggies soos
wat
hulle onder my tong uitkruip
en
voel-voel aan my tande en verhemelte
my
mond is ‘n vuur-nes waarin ek die metafore gooi
om
die verse lekker aan die brand te kry
die
vlamme lek aan die wande van die grot
en
skielik sien ek vervloë verhale geëts in oker
my
mond brand met soveel geskiedenis
wat
in die sagte suising van die skemer
verhaal
wil word
my
tong loop deur donker groen woude
en
wil nie haar vashou verloor aan
die
oer-gevoel waarin sy so tuis is
No comments:
Post a Comment