Saturday 28 November 2020

rampspoedig

rampspoed is wat met my besig is om te gebeur
die ramp van sielsverdorring
vonk-terugslukking
self-beeld-mislukking

die ramp gebeur inderdaad spoedig - 
oornag verdof die oë
trek die keel nou
word alle naels stomp-af gebyt

dit is spyt nyd woede hartseer jaloesie
afguns irritasie 
wat soos suur 
gate dwarsdeur my hart brand

my arme hart kan dit nie meer staan
uitgerafel hang sy in my borskas
as my ribbes maar my hart teen die aanvalle kon red

maar die aanvalle kom van binne
dis die inside jobs wat 
die seerste en skokkendste is

No comments:

Post a Comment