vir
die onthalwe van nie verstaan
voel
ek woorde aan jou
trap
ek die verhoog met my lyf
tou
draai ek om my hande
drink
uit leё koppies woorde
speld
veiligheidspelde aan 'n swart hemp
sit
voor 'n sonhelder sak vol nartjies
skil
een na die ander se ronde koppe af
om
die soetsappige vlees teen my honger tong te lê
vlos
ek my tande sodat jy my mond kan aanskou
borsel
ek my hare om die borsel te herhaar
lees
ek uit 'n boek met wit blaaie in persies geskryf
stapel
ek klippe op in 'n wankel hoop
gaan
sit ek langs die ou man met die wynglas
wat
hoop ek kom sit nie langs hom nie
die alleen
druppel rooiwyn lê sy fossiel-lyf
teen
die holte van die glas
tilt
dit na my mond en proe gis en stof
vingers
van sop lek my tong
bodem
van bord val op my spoeg
die
roosmaryn stik die brood
die
mond van die tygerberge tuur soos 'n grot
my
tong troos ek met druiwe
dood
gekook in suiker
die
vrou wat jou afloer uit haar donker oё
groet my
met haar lyf
die
kop van my regter skouer ruik na jasmyn
jy skryf meesleurende verse
ReplyDeletebaie dankie vir die kommentaar!
ReplyDelete