vir wat sal ek myself so
verstar in my blindheid?
myself verblind met my starheid?
in hierdie rare hoë-haakskoen oomblik
kom sit ek in die kar
weg van almal
die bruilofsbabbelry en geglimlaggery
is net te veel vir my
ek kom sus myself met die gly van die pen
haakskoene gegooi op die dashbord
wil ek net hierdie saterdag-middag
aan die slaap sus
met al die seëninge van ‘n veronderstelde jesus
met al die gefranchisede bruilofs-vereistes
die siellose seremonie-saal
die verblindende wit rok
en verkoekte strooimeisies
wil my hart net weghardloop
van al hierdie geprogammeerde blomme en gelukwensing
hardloop my voete na
die hoek van die agterjaart vol leë stowwerige glasbottels
die hoek van die agterjaart vol leë stowwerige glasbottels
en geroeste draadstoele
niemand sal my hier vind nie
deur die rumoer is ek onsigbaar
oomblikse stilte en onmalheid
No comments:
Post a Comment