met die
arrivering van die winter-seisoen
staan ek gereed met vlamme wat warm oor my skeen flits
ek sien
ver voor uit in
die onvreedsaamheid van die wêreld
as ek sou
bid dan is dit nou
want iets
skort in die lewe
die
harmonie van saamleef en skep
en mekaar
die vryheid van grond en atmosfeer gun
in die uithoeke
van ons bestaan sal daar
nog humor moet
vasklou om ons siele te red
want as
ons eers ons waardigheid verloor het met
die uitwissing van liefde en vrede
gaan ons
nie veel hê om aan vas te hou
laat die basuinende
klanke van visionêre stemme diep in
die holtes
van ons ore vibreer – helder stemme wat
ons uit ons hibernasie sal pluk
en ons bloed die
rigting sal wys
en asseblief, herinner ons om te skep in plek van ruineer
en dat dit ook okay is
om te observeer eerder as om te reageer
leef met
oop gemoedere en juig uitbundig oor
al die passievolle
mooi wat
pols en groei uit hande en monde
laat ons
nooit ophou leer
laat ons
bly kyk na die groei van
die sade
in en om ons
laat ons
sonder voorbehoud wortel en blaar spruit
wat van lig
en son
skadu en
vorm sal maak
laat ons terugkeer hiernatoe:
die
eenvoud van skep
laat vaar
die kompleksiteite en hoogdrawendhede
stroop die
skeppingsdaad tot iets
so
vaartbelyn en ongerep
dat ‘n enkele
resonans die iris van die hartsoog
sal laat oopblom
en tot verligting ruk
'n Besonderse gedig.
ReplyDeleteSien uit om nog van jou werk te lees. (Het net vandag op jou naam en blog afgekom)