laat ek myself verdrink in 'n rymelary
dit sal hopelik my my sinne weer laat kry
ek skud die vere in my kop
hierdie verstarde gevoel moet nou stop
ek hoes en ek proes, ek gil en ek lag
al springend en tollend met alle mag
sodat die vasstekende woorde in my keel
sal losglip en hierdie gedig se lot sal seël
die potlood bly nukkerig
die hand voel rukkerig
o toggie, my kiewe begin vaal-groen te verkleur
want daar is geen muse-sap êrens te bespeur
my hart is gretig
my breinselle besig
maar niks kom vorendag
net hierdie nimmereindigende gewag
No comments:
Post a Comment