Sunday 18 December 2016

slegs die sillabes van my tong

ek nodig nie petrol
yster steenkool
hamers spykers 
pype of sement nie

slegs die sillabes van my tong
wat deur eeue en kontinente gevorm is
om reg hier in my mond te land

ek het niks meer nodig nie
my mond is my fabriek en handelstasie

kyk, die hyskraan van my tong
die plooibare mure van my wange
die maalvlak van my tande
die uitlaatpyp van my keel
die ventilasie van my neus
en die trotse koepel van my verhemelte
wat toesig hou oor die hele polsende produksie-lyn

geen groter digtersjolyt!
met hierdie enkele mond
maak ek my wêreld rond en bont

No comments:

Post a Comment