skryf verlossing
tot in die vierkantigheid van my brein
ek voel die
pen-antisipasie tril tot in my voetsole
hierdie
skrywerstoewyding is ‘n enigma
ek delibereer of
ek die piering moet gebruik vir my koppie
of dit op die
vloer laat val
sodat die skerwe soos dolosse 'n metafoor sal spel
wat is hierdie
afslowing agter pen en papier werd ?
hierdie alewige
gehunker na beeldspraak
om op my tong te
pirouette?
die woorde wil soos
vrugte
die vaal en plat
oppervlak
laat uitrys met weergalose
sappigheid
was ek maar ‘n
skerpskutter
wat myself kon
besighou
met werklike
teikens
kan my digkuns
soos ‘n spilpunt wees
wat met die druk
van ‘n knoppie en rol van die wiel
die dorstige
vlaktes van my serebrum natlei
sodra die
oesseisoen kom
wil my hande
vol staan
van die oorvloed
hoekom moet ek
eers wag vir die poëtiese spring-gety
om my met
oordrewe strome in
die diepkant te
stoot?
woorde is
uiteindelik maar net
‘n illusie-spel
so ‘n
verraderlike breinknopery
ek kou aan die ink-verdriet
en wil-wil begin
snik
oor my mond wat struikel
om verdienstelike verse te giet
No comments:
Post a Comment