hoe kan ek ophou skryf
as die woorde soos taai spinnerakke
aan my tong kleef?
ek is te lief vir woord
om my kiewe te laat lê
in stille vergetelheid
soos die wilde wakkerheid
in die vroeë nat oggendure
aan die keelklanke van voël en padda klou
so wil ek met my eie keel die hoogtes inpyl
en versot raak op die lettergrepige liefde
wat net geen einde wil ken!
No comments:
Post a Comment