die
wreedheid van die woord
vang
net nie die omvang van die verlies vas nie
laat
ek nie die woord blameer -
die
wreedheid van my eie onkunde
maak
my lomp deur die wêreld steier
die alewige honger na essensie
laat my beendere lostrek van mekaar
ek
is moeg ek is moeg
om
elke keer terug te keer
na hierdie
raad-op wees
na hierdie
woord-op wees
ek
is onder donker water gedompel
ek
spartel of hyg nie na lug
gehul
in ‘n armsaligheid
wat
so swaarmoedig aan
my
skeurende gemoedere vasklou
ek
kry myself nie beredder van
die
teneerdrukking nie
die
mier loop onderdeur
die
lig en skadu’s van die druiwe prieel
salig
onbewus van die groot stuk hartseer
vasgevang
in
hierdie
snikkende
monoliet van
'n mens-lyf
No comments:
Post a Comment