ek smeek digtatorika om my oor te neem
en die eng regering in my kop
omver te werp
ek wil oorweldig word
deur die grootste magtigste digtator
wie geen ruimte laat vir prosaika
en leëkoppige onbenullighede
ek gee volle toestemming dat
die digtator my liggaam
her-skeleteer
en die nuwe digkuns tot
in
my
murg
blaas
No comments:
Post a Comment