Wednesday 17 March 2021

verwesenliking

my lyf word weer wakker in 
haar diepste beweeglike kern
sing elke sel in honderd stemme
word my tollende lyf die getye van die see
daar is geen woord wat 
die verruklike spin van die lyf kan vasvang nie!
gee my geen woord
gee my net lyf waarmee 
ek my woordlose taal oor die sand kan skryf
my juigende voete versin die metafoor
in dieptrappende verwesenliking van 
die hartstog vasgevang in hygende spiere
spiere wat wil losbreek van
inperking en lamlendige gemak
gee my wind sand getye son reën
wat die golwing in my lyf sal laat bly golf

No comments:

Post a Comment