'n dik slaperigheid lê gerasper oor
die skone niksseggendhede in my kop
ek is nie verbaal-lus
konkrete gedagtes bly my ontwyk
al wat my besoek is die gewoonte van pen-vashou
en die stringe slym wat alewig uit my longe gehoes word
ek het my arme realiteit in stukke gehoes
laat ek in hierdie woorde nie ontken of onderskat
hoe die hoes en my longe se onwelstand
my lyf en siel beproef nie
ek kan positief bly en glo dit bou karakter en sterkte
maar ek kan nie jok en sê my longe dra nie by tot
hierdie uitmergeling, hartseer en nihilsime nie
bly asemhaal Lara
mediteer myself die soete vredes in
deur die roggel kom daar 'n ontspanning gesmelt
'n oorgawe aan die slaap wat my kop en lyf wil toevou
hoe mal is my wese oor
hierdie ontkoppeling, hierdie ontsluiting
so ondubbelsinnig, so onverwarrend
is die stille ekstase van rus
No comments:
Post a Comment