Saturday 28 September 2024

ek is nie jammer

die lewenskreun is onverskrokke
al is die elemente hoe ongenaakbaar

die kontrapunt in my lewensfuga
soek alewig na die ontwykende voltooide kadens

die onrus bly
smeul in die smeltkroes

die primordiale gil bly
diep-versonke in my ongekarteerde hart

die heilspellende soeke
hou nie op om binne my borskas te vibreer

die trillings laat my speeksel
in my kieste opdam

die begeerte vir glorieryke seges
bly die bloed wild en wakker uitpêrel soos kwiksilwer

ek is nie jammer dat ek voel begeer en reageer nie
hierdie gedig kan my hart genadeloos vir die wêreld oopspalk

No comments:

Post a Comment