Sunday, 27 October 2024

die gedagte aan jou

die gedagte aan jou

stoot soos 'n wilde springgety 

deur my borskas

breek my ribbes in splinters


vandat die fontein van jou mond 

die tuin van my mond natlei

blom my tong in honderd hibiskusse


No comments:

Post a Comment