breek die huil die gil die kreun los
die verwondering oor so iets intiem
so gehuld so geberg
hoe kan so baie lig so baie vreugde
in my enkele lyf moet vassit
ek wil dit in jou ore skree
hierdie potlood en lettergrepe beperk my
ek wil die mure afbreek
met hierdie nuut-ontdekte plesier
jy verheug, verjeug al my selle
ek sal skryf totdat iets van hierdie ekstase
verbottel
ver-dig kan word
die herlewing wat jy in my oopgetoor het
is so stralend magies
daar is geen woorde vir wat jy aan my doen
No comments:
Post a Comment