Friday 14 November 2014

die alles en die niks

ek pyl my oё op alles om my
probeer elke objek
kleur
lyn
simbolika
in hierdie blitsige oomblik van 
kreasie vas te vang
kan ek die betekenis van dit alles begryp
en so ook die betekenis van die niks 

hoe lig 
en 
veervoetig 
voel ek
wanneer die alles en die niks
so ewewigtig langs mekaar
in my een kop 
kan 
hang

No comments:

Post a Comment