my
vrouensingewandes skeur en bloei
klokslag
elke maand
met
dit kom die emosies
die
knaende pyn
my
hele lyf tril teen ‘n frekwensie wat
my
so hoog en moeg tegelykertyd maak
elke
maand dieselfde storie wat haarself herhaal
daar
is selde verandering in die lyding
- die ongemak, die malkoppigheid -
dit
het ek nou na twintig jaar aanvaar
as
biologiese imperatief
ek
sluk warm water met
suurlemoen
en heuning om
die
styf gespande senuwees en spiere te kalmeer
ek
sit met my lyf in die son
my
hart huil-smeek dat die onbeheersde bons
van
my hart stil sal word
en
die bloei gou tot ‘n einde kom
sodat
ek lewendig en nuut weer kan opstaan
No comments:
Post a Comment