Tuesday 29 September 2015

in sy oë

die bedelaar soek 'n stuk warmte in 
sy kartonbed
dit is koud in die aande in kaapstad
sy mond is hard soos 
die betonmure 
wat oral 
om 
hom 
oprys
maar in sy oë 
sien ek iets van sy siel skyn soos
'n perdeblom wat 
deur
die krake 
breek

No comments:

Post a Comment