Saturday 26 September 2015

lig

en ek het lig gevind
onder my naels
tussen my tone
lig in die skulpe van my ore
en in die holte van my naeltjie
strale van lig vul die oksels van my arms
op die punte van my elmboë
lig lê in die grot van my mond en in die vou van my nek
golwe van lig spoel deur my hare
en maak my glo ek is die son

No comments:

Post a Comment