Thursday 15 July 2021

suig

die seesussing suig my in soos
my asem my insuig na my dieper
beter self soos die digkuns my insuig
na die kern van die heelal soos die suikerbekkie
die nektar deur die erikas suig so suig
die papier aan hierdie pen om die woorde
soos moedersmelk uit die uiers van die 
sillabes te suig soos my fietswiele aan 
die klippe en grond suig om my regop
deur die fyn-trap-balans te hou
soos my tone aan die sand en see suig
om die omvangrykheid van die oseaan
deur my sole in te suig
soos my kop droom om aan 
jou lippe te suig dat ek al suigend
hoort aan die aarde aan die grond
aan myself aan jou aan die heelal

die poëtika van suig is 
dat suig nie ewig kan suig nie
aan suig kom daar 'n einde
maak die meeste van die suig
vir so lank daai suigkrag bly klou
verruk jouself aan die suig

No comments:

Post a Comment