ek kies die reghoekige oppervlak van my skryfboek
geen glurende lig wat my psige en aandag
in duisend stukke opkerf nie
geen kranksinnige duim
wat breindood tot in die doldrums van bestaan
a
f
s
c
r
o
l
l
nie
geen stywe voorkopfrons
wat vol inspanning probeer kophou
met al die senutergende stimuli en
uitspattighede
en klaekouse
en afshowers
dit is net ek en my potlood
en my 192 bladsy A5 skryfboek
waar dagdroom, planne-beraam,
verbeelding, dankbaarheid,
openhartigheid
en
saligheid uitkrul
nuwe gewoonte vir 2024:
gryp nie die skerm -
gryp die magtige
POTLOOD!
No comments:
Post a Comment