ek deur die slym moet asemhaal
dit voel asof al die digkuns
wat dalk kon asemhaal
verpletter word deur
hierdie onfatsoenlike gehoesery
ek voel soos 'n sub-mens
ek haal nie deur longe asem
ek haal asem deur 'n roggelende ondergrond
van swerende slymtonnels
ek loop so verstar en verskrik
in hierdie wêreld
my nek-, rib- en laerugspiere
word so gelouter
hulle het geen benul wat
pynloosheid en ontspanning beteken nie
ek ploeg deur hierdie donker mensgrond
my gemoed verstar in
hierdie meedoënlose aftakeling
die roggelende slym-slierte
is soos tralies waaragter
haar lewe gesluit is
sy het gehoop dat haar beste geweer teen verweer
haar asem sal wees
maar meer en meer
is haar longe oortrek met
kraak-roggel-verstikkende slym
hoe leef 'n mens wanneer
jou asem gyselaar gehou word?
hierdie skryfboekie sal moet instaan vir my longe
my nuwe lewenslyn waardeur
ek my verlangende digtersasem sal blaas
- my stunt-double longe
kom my digkuns, wees my asem!
No comments:
Post a Comment