Thursday, 19 March 2015

kern van versuiming

in die wolke
berge en
wind van die kaapse dae
vertrek die drome in my rug op vlugte van
ongegrendelde uitbuiting
van my sanity

wat is die afrikaanse woord vir sanity?
saniteit?
onmalheid?
gesondheid-van-verstand-en-gees?
hoekom is daar nie ‘n ordentlike kragtige en
direkte antoniem vir malheid in afrikaans nie?
ons afrikaanstaliges ken seker ook die teenoorgestelde van malheid?
of nie?

ek gee nie om om van my verstand te wees
en mal genoem te word nie
een malheid wat ek wel nie kan verduur nie
is wanneer mense my van my kop af praat met hulle
verbale diarree
oneindige babbelsug
ongeeweneaarde praatsiekte
albei my oë raak wasig
my ore verstar en
my borskas verstrak
in die waakloosheid van hulle monde gaan hulle
op trips en rollercoasters van hulle
bewussynlose en briljant monopoliserende monoloë

mense wil gehoor word
so moenie die hel in word nie lara
hulle het stories om te vertel
maar jirre kan hulle nie vir paar asemsblikke net stil wees
stilte is wonderlik vir die brein
die siel
die spasie
en
vir my ore

ek smeek vir ‘n bietjie stilte
waarin ek net kan staar tot in die kern van versuiming
breine en monde is hele-mal te ooraktief
ek smeek
ek smeek
maak hulle stil
maak hulle stil

Friday, 13 March 2015

ode to thighs

oh the awe these two marble monuments
awaken in my mind
these two pillars erected in
the name of corporeal strength

what a celebration you are bridging
the magnificent joint of the hip with                       
the ingenuous hinge of the knee

oh Thighs, how the two of you detest non-movement
you itch and stir in great restlessness when
seated in the deadness of a chair
you want to flex and stretch
in your most thrilling power

no other body part can transport me
so confidently through space like you do
in synergy with the calf and foot
you squat, run, walk,
lunge and oh how you can leap and jump!

you give style
and rhythm to my walk
when you’re really at work
strong and fit
you are like claws mincing
the mountains

your quadricipital muscles have names
sounding as glorious as the vigour of you
rectus femoris, vastus medialis,
vastus intermedius and
vastus lateralis
you hold the great femur
longest and strongest bone in the body
and let me not forget the hamstring
 - without its ability to stretch
the beauty of yoga and ballet 
will be impossible

even when you are quiet
you lie in splendid tubular muscularity           
my sweat shines more golden on you
than on any other part of my body
of all the muscles, the thighs are the bells
ringing over the plains of rippling flesh

you have something grand and solid
like a tree
about you
  
oh you muscle of Thigh
you are such a voluptuously abundant handful
if i had wings they will not be found on my back
they will be growing and stirring from my thighs

pressed tightly together they
form the nook wherein 
i warm my hands on a cold day
the lap whereupon
i place my hands
in
quiet meditation
focusing my mind
on
the
brilliant
life
trembling
in
my 
thighs

Wednesday, 11 March 2015

waar ek opreg eg ek is

skryf skryf SKRYF
want dit is waar ek
opreg
eg
ek
is

my digkuns verval nie in
valse glimlagte en senu’agtige laggies nie
ek hou so baie van my gedigte se onopgesmuktheid 
ek beny hulle vermoë om
onnodige babbel tics en stopwoorde te vermy
hulle is dikwels meer ek as ek


skryf skryf SKRYF
want dit is waar ek
opreg
eg
ek
is

niemand anders behalwe my gedigte
mag woorde in my mond sit!

Sunday, 8 March 2015

my voete wil die oneweredigheid van die lewe voel

      vir Galeo Saintz

jinne maar die beskaafde wêreld
het soveel gelyke oppervlaktes
elke gebou se staan-en-
werk-area perfek waterpas
huise biblioteke teaters
restaurante hotelle hospitale 
gallerye winkels poskantore tronke
bang vir gly die afgrond in
elke stukkie grond so gesiviliseerd uitgelê met
baksteen en sement
teel en houtplank
niemand mag moontlik trip en val nie

my lyf smag na die bolling 
skerpte en hoekigheid
van rots
die minerale koelte en sonnige hitte
van steen
die modder en gritserigheid
van grond
ek kyk na die onderkant van my voete
kyk stip na die konkawe sool wat
net mooi pas oor die ronding van klip
en sekuur spring op die duine van sand
my voete raak nou regtig moeg vir hierdie 
alewige platvloersheid van bestaan
gee my die golwende heuwels
ongerepte klipkoppies en non-apologetiese kranse

daar is senuwees in my sole wat
die dorings en die elemente wil voel
my voete weier om te ontaard in
‘n luie bondel vel en
onuitgedaagde metatarsale bene
my voete wil die oneweredigheid van die lewe voel
agge nee! my hande en oë is net so ongestimuleerd in
hierdie skoon-en-platgeskuurde beskawing
hulle hang leweloos aan my lyf met
geen doel om te klim en gryp
en klou en klouter nie
alles is net te netjies afgewerk
en vaart-en-voet-belyn ontwerp
tot vervelens toe geingenieur en geargitekteer
los julle passers en klip-malers!
laat die klippe in
hulle rondbonkigheid met rus!

Tuesday, 3 March 2015

Hogsback

and yet once you have stood in it
and felt it licking on your palate
it has marked your soul forever*

you are a lively bubble trapped inside this crazy globe
a place where discoveries keep unfolding
here i become a time-traveller
where the future, present and past
mesh all together in your
smoky wood and damp clay smells

your elements are throbbing and restless
always ready to orchestrate my visions
you are arresting the way you
chant ripples around the tree trunks
you make me dream fleshier dreams
oh how you incite me to be alive

with your hypnotizing frogs drip drip dripping
their soft bird-like whistles and
the kôk kôk kôk of your redwinged loeries
you pulsate incessantly in the plant
animal and elemental matter
so fierce and so gentle

this sacred pulsing makes me want to break out in song
it makes me humble and invigorated
that i am kin to this pumping life makes me want to weep
weep with the recognition of sharing similarities in
texture, colour, cells, behaviour, flux and mood
you are in me and i am in you

may your soil and dust cling forever to my calves
may your trees keep growing taller
may the stars keep on haunting your dark and silken nights
may the theatre of your clouds and mist never end
may your abundant streams continue to
etch your poetry in the landscape

thank you for your temperament
your wildness and
your strong-willed living force
it is hard to leave this place for here is
the closest I have come 
to glimpse eternity

*quote from a previous poem of mine between the cricket and the silence

Sunday, 1 March 2015

ode to the sigh

oh what a great thing the Sigh is
it is the body's way to find a moment of release
so involuntarily it escapes from the nose
in all manner of sounds and vibrations
buzzing, husky or grating
growling, hoarse or rasping
thick and sometimes sepulchral
it comes out when it needs to

it makes the jaw drop softly
and may be accompanied by a light shake of the head
and a loosening of the cheek muscles
for that quickest moment that a sigh takes
it feels like an eternity of relaxation spreading over my neck
it is as if it does not just come through my nose and mouth
but exudes from my whole body
it is as if my bones also sigh
when i sigh i feel it breathing from the soles of my feet
i feel it pouring from behind my knees
flushing from behind my shoulder blades
spilling from the skin of my tummy

oh Sigh you are the big out-breath
releasing carbon dioxide and bad energy
what an admirable outlet you are of relief
oh Sigh what would i have done without you?

you have a way to take your time
and as much as people try
you can not be cut short or interrupted

oooi

it is in our mouths without us waiting for it
always on the ready
it is in between our moods, coughs and words
and oh how opera, the folk and art song simply live for you
not to mention poetry!
it is tightly woven into every emotion
always ripe like a piece of fruit
coming loose from its stem
to fall to the earth

aaah

some of the greatest sighs are those after
a good wee
and
good lovemaking
i feel like i have an abundant supply of
you for any situation
one of you is enough to make an audible impact
enough to alert a whole crowd
yet you can be as whispery as the butterfly's flight
oh can i ever sigh too much?

uuuh

oh Sigh you make us sound even more human
when life gets tired to live and
the limbs don't want to stand amidst
all the crazy bustle on this planet
we can hide away in the Sigh
with you i don't need words to express
you are the honest expression of
relief, frustration and exhaustion
unhindered channeling of
annoyance, heavy-heartedness and disbelief
you stand ready when we experience impatience or failure
oh Sigh, you just can not lie or be conceited
you are way too unpretentious

how you stir with a slight huskiness in
disappointment, sadness and regret
and your smiling wonderment when i feel exhilaration
oh and how sticky like dark waxy honey you cloy
onto the larynx when i am in a melancholic mood
how light as foam blowing from the crest of waves
in our satiation and satisfaction
you ring out from my glottis
when i am thrilled by the achievement
of reaching the heights of the mountains
here you resonate the longest and most fulfilled

a sneeze one can stop
but just like a shiver, one can not stop a sigh
it overcomes you without notice or warning
on the scale of human expressions
you are three steps above the moan and
two steps below the cry

oh Sigh, be you heavy or celebratory
with you in my jowls i do not have to fear clogging and
blocking up of trapped tension and cornered feelings
because Sigh you are 
the sign that
our bodies and minds
are always searching for equilibrium
and not only we
but the air we breathe
craves
freedom
flow
and
release

Wednesday, 25 February 2015

ratstokke en oopgebreekte skalie

I

in die karmosyn delta
dryf die appelkose tussen
die humeurige opdrifsels van wrakke
die aarde is lankmoedig
maar wee o wee sy bereik nou gou haar
kwota van hierdie vraatsugtige snuiters
wat bekend staan as die mensdom

ek is keelvol van allerhande gekierang
met mens-en-dier-en grond-siele in
die naam van rykdom
is dit dat meeste mense blind is
vir hierdie kullery?
hoeveel keer kan die mens se hart
die verraad wat hulle pleeg verduur?

die buitensporige sloping van woude
word deur die gieriges met so ‘n saaklikheid bespreek
dat hulle die werklikheid van die afmaaiing van
ons lewens-aar te gerieflik ontwyk

o, hoe ek ‘n smaadrede teenoor
die hardvogtige industrieë
sal klink uit my brandende bors

II

padkonstruksie hou net nie op nie
dis asof ons versot is op konneksie
hoe meer hulle plekke verbind met 
versnellende paaie in die naam van vooruitgang
hoe meer distansieer hulle ons

weliswaar ons is in die middel van ‘n korrupsie van
die edele grootsheid waartoe die mense-hart in staat is
dis net trokke en rekenmeesters
en ratstokke en oopgebreekte skalie
en olie, sweet en bloed wat op die teer drup

die gewelf is ontsteek met
hierdie ontgroening wat 
geen mens kan aanskou
die verwaande senioriteit van die politici
word hoogs geaffronteer as hulle teegegaan word
hulle noem jou maklik ‘n fanatikus of terroris
as jy nie saam stem met hulle 
mens ruik net stink deur hulle duur parfuum

III

ek raak gedurig aan’t tob
as ek nie sterker was en
meer afgesny van die waarheid
sou ek my oë uit my kop gesanik het

waar is die saligmakers van ons tyd?
ons die digters, die musikante
die akteurs, die kunstenaars?
wat kan ons doen?
dalk is ons gelyk aan die niksnut armchair massas,
net met meer luide en kleurvolle stemme?

soms oorweeg ek ‘n kluisenaarslewe wat 
ver weg van die sinjaal van ons tyd is
net doof wil wees in my eie stille onkunde
net visioene onaangeraak deur begeerte
te sien flikker in die dag se ontvouing
wat help dit om te mix en te mingle
en idee’s uit te ruil
wat help dit werklik?!

IV

dit is vieslik baatsugtig om so krygshaftig
te wees in strewe van magdom
almiskie, dit was van vroeg tot nou so maklik om
die kreperende volkere te ontroer en ontplooi
borste opgepof op die galjoene van die sees
               
die oorwinning is so kortstondig
in die sig van die ongenesende wonde
die wêreld fraaiing aansienlik uitmekaar soos
‘n ou ou trui
wat makeer ons dat ons net kan aangaan?
dat ek in die see kan staan en skoon gewas voel?
hoekom raak ons meegevoelens so gou ontslape

ek gryp gedurig die jammerlappie in die kombuis
en vee al wat ‘n oppervlak is daarmee skoon
hoekom net jou kombuis en nie ook die wêreld nie?
helaas, ons is so apaties dat ons ware erbarming verleer het

ek wil nie ‘n relaas van die hele koeëlbloedige prentjie maak nie
maar omdat hierdie woorde voor my oë hang
gryp ek hulle en moet ek dit hier uitstort

soos ‘n skool sardientjies swem ons verwoed deur die fluweel waters
so meesterlik in ons vin-beheer en groepsaanpassing
dit korrelleer nie met ons flambojante smagting na
onafhanklikheid en identiteit nie

V

dit is so griewend dat my digkuns
met soveel wrewel deurdrenk word
maar ek is vir eens ‘n kind van my tyd met
al hierdie gevoelens wat diep in my bors kroepeer

ek wens ek was ‘n goëlaar wat met een swierige klits
al die kwaadwillige mense se wrikbaarheid kon wegtoor
as hierdie woorde deel was van ‘n redenaarskompetisie
sou hulle seker nie ver gekom het nie
maar hier staan hulle spesiaal geselekteer in hierdie gedig
en verspil geen tyd om te sê wat daar gesê wil word nie

‘n woordsmit mag mos ook vol berisping wees
in luide lettergrepe mag die metafore op mure gegraffiti word
dit is nie vandalisering nie
dit is die verspreiding van die digterlike waarheid

laat die woorde ver in die Kaapse kastaiing oprank
en siedaar! kierts regop sal die letters
die wêreld laat wakker skrik
opstaan
en
aandig gee

Monday, 23 February 2015

weier

al om my 
sit die gedigte vas 
in die objekte 
en die lug
hulle weier om los te trek 
en hier op my papier 
te kom sit 

Friday, 13 February 2015

ode to the shiver

where do you come from?
all of a sudden out of nowhere
you shake and spread from
my spine through the flanks of my back
up my neck 
through my head and 
down my arms to
each follicle of skin
rising open and out into
the very tips of my hair

be it cold, empathy or music
you are the palpability of these
bodiless and ephemeral things
you are the bridge between
the intangible and the tangible
oh shiver, you are evidence that our bodies
are catchments for the invisible
the enigmatic power of sound and feeling
made manifest in the surge called
the shiver that all sentient beings can feel

oh shiver you make me believe in
the reconciliation of body and soul
how the invisible filters through our cells
you are the sign that passion sparks us into vitality
flashing and inciting
a spontaneous biological phenomenon through
our neural pathways

our temperaments will keep on seeking stimulation
for that physical shudder that quakes
our instinct to feel and be alive
how these shivers capriciously delight our anatomy
when the organic and psychic melt into each other
these little quivers electrify our bodies
and on a trip of imagination one can incarnate
the sensual into various states of shivering being

this impulse to shiver right into
our sensory somatic selves
reveal our ability to transcend our weighty carnality
and rise with thrilling lightness
above
and
outside
of
ourselves

Tuesday, 10 February 2015

heilige harmonieë

sit ek voor my gedig met
die franke reuk van st josefslelies wat
teen die dakhoeke uitklouter
en die dwarsbalke dreig om hulle in twee te breek

die klaviermusiek van messiaen en stravinsky
laat die mense hulle middagslapie uitstel
hoera! hoe kan enige iemand wil slaap
met hierdie heilige harmonieë?

ek teug heerlik aan my drome van
dahlias en volkspele
kinderlike jolyt wat geen sambok
kon kortwiek nie

wrintiewaar! hoe die gedig sal swets
as ek haar in die wiele moet ry
sy wil vry loop tussen die slamaaier-kopdoeke
en kerries en donker glimlagte

ek tiep die glasbottel vertikaal oor my mond
laat al die water soos ‘n kaskade
diep in my dors val en my heel van
moontlike hart- en-woord-versaking

Friday, 6 February 2015

vastrap

aha, dit is die antwoord - 
lyf en siel hou van
vastrapplek -
hoe vlietend en klein dit
ookal mag wees
so bietjie vastrapplek:
tydelike behoort 
aan 
die grond

Wednesday, 4 February 2015

dolosgooier van ‘n gedig

I

die ambisie van die gedig is so indringerig
dit laat my nie toe om oor te
gee aan ‘n sukkelary nie
so 'n waaragtige astrante houding
het hierdie woordkuns!
ek probeer my skaar met
‘n hardvogtigheid
probeer anderkant toe kyk
maar nee! die kleine lettertjies
kom sit met alle mag
so grieselig in my kop
en kom lek hier by my vingers uit


II

ek het al vir jare die voorgevoel gehad
dat hierdie gedig haar verskyning gaan maak
meer as ‘n verskyning
is dit ‘n harlekinade
met al die gekskeerdery en geverfde gesigte
ek weet nie wie spot met wie nie!
dit is asof ek kompeteer
met my sinne in die verspring-pit
die stof spat al om ons enkels
maar ons wedywer vurig met mekaar
beide wil die ander een ver uit-spring


III

die kuilvoer word so gistig en suur in my kop
selfs die blêrende skape in
my stompe en passiewe gedagtegang
wil nie eet daaraan
ek kyk verlief na die moepel
en lê my warm lyf teen sy stam
“hoe wild en vry groei jy nie!”
en so dompel die natuur my in die romantiek
van haar polsende hart
ek pluk verwoed al die wilde-als
al om my enkels en
kook dit op in ‘n swetende en swetsende tee
selfs die kakkerlakke laat vaar hulle
alewige geskarrel en kyk my verbyster
aan hoe ek die bitter van die als in my keel
afstort
inderdaad – hierdie passie om kruie-gesond te leef
is vir meeste doemwaardig
hulle dink die pluk van blare is meer grusaam
as die moordpleeg van bloed en siel-diere
aai, sekere idee’s moet net in die son
bly lê en verskrompel

IV

die dae se skarniere verslyt
met elke sonsopkoms
maar die gedig bly om die dolosse te gooi
hardnekkig in haar gewoonte om
hier in my nek te blaas
as gedigte maar ‘n blywende effek kon blaas
en die koersskommeling tot ewige stilstand ruk
sal ons dalk koebaai sê vir
die weghardloop-verbeelding van geld

V

die dolosse ontaard in vonk-proppe
wat mekaar begin jaag in
die hippodroom van my kop
hulle begin lyk na artisjokke op hitte
as daar maar ‘n hofmaarskalk was
wie ek kon roep wat vir my in die bresse kon tree
maar, nee, ek is op my eie

VI

ek gaan skaar my by die vrouens in die harem
en vra hulle of hulle ook so verlei word deur die Woord?
nee, sê hulle, maar hoekom probeer jy
nie ‘n ontwapeningsveldtog nie?
haai, ek het nooit daaraan gedink nie
die geheim van hierdie driftige aanteel van woorde
deel dieselfde lankmoedigheid aanwesig in stalaktiete
‘n stille, onopmerklike groei
hoe kan ek hulle nou ontwapen?
wat is die wapen wat ek voel op my geteiken is?
ek gee moed op
ek gaan slaap met ‘n ellelange hanglip
en hoop die aand gooi nie
nog dolosse in my half-wakker drome nie
al wat ek kan doen is om op my tande te byt
en te hoop niemand sien my dolsinnige gryns raak
een greintjie van ’n  kyk in my rigting
sal jou in ‘n sout-pilaar verander
al hoe ek hiermee leef is om deur die dag so
hiperbeleef as moontlik te loop
iewers sal die gedigte se gedrag raffineer
met my invloed
en die harlaboerla van hulle ledemate en tonge
tot orde roep
en soos die moeder-owerste sal ek hulle
siele deur ‘n ring kan trek
so netjies en heilig sal hulle voor my staan

VII

teen hierdie tyd sal die gedig
die stadsvryheid verdien
en vry deur die strate wals
en enige kafee inloop en homself knuppeldik
aan die atjar eet
die burokrate sal met nuut-ontdekte ywer
die verse se skoene poets
en die posmeester sal teen geen tarief 
die digkuns aan elke lid van die wêreld pos
nodeloos om te sê
die poësie sal ‘n groot hawiksneus groei
en homself luid op die skouer klop
en trots elke kruiwa vul met leestekens en sillabes
en die bakstene en sement vervang met dit
wat meer sin maak
met die gedig se pralery
sal hy homself oortuig dat hy
skuiling en warmte kan bied vir die massas

VIII

en so gooi die gedig haar dolosse
selfs in die aspidistras en krisante
dit help nie ek is ‘n suurknol
vier fees saam met die verse se
brutale parmantigheid
ek kan seker net gulhartig daarvan afkom
dit help nie om hulle misbaksels te noem
of die hoof-inhoud van my ontlasting nie
laat ek eerder bieg dat hulle soos
pypkaneel en die geelste borrie
goed is vir die selle
elke dag wiegel hulle voor my oë
met hulle volywerigheid
hard aan die werk om
my uit te daag met die beste van
harsinggimnastiek

Monday, 2 February 2015

Lied van Europa

Blaas die spookasemstof van die koue
klip van my borste Loop deur die labirint
van my roetmoskotskobbelstrate Kruip blinde-
links deur die kronkelpaaie van my hart
Sny jou oë met die splinterslig wat deur my
baksteenskeure breek Jaag agter die sneltrein van
my ondergrondse siel Swem deur die snotpiskak
van my kanale Dans met die eenoogman
oor die brûe van my waters Lag met die
eenbeenman in my doodloopstegies Drink met die
eensaamdigter van my straatkafees Balanseer
geblind-en doofdoek op die ysterlane van my
treinspore Vang jou asem op en af met die trappe
van my ribbes Lê een van jou beendere in my
sepul-krale Skud die stof soos dobbelstene oor
die spel van my lewe Ruk elke skaamhaar soos
onkruid uit die driehoek van my tuin Ruik die
binneholtes van my pistonnels Val oor die
skaduwees van my katedrale 
Vergeet jou moeder-
grond 

Onthou my 

Beendere treine siele strate klip
kanale digters skaamhare brûe kafees trappe pis-
reuk verdwyn nie sommer nie

Sunday, 1 February 2015

Sonnet I

uit die sonbeligte wolke sien ek
jou gesig breek soos ‘n droom hang
jy oor my teen die blou lug helder bly
jou oë in die veranderende wolke

deur die suis van blaar en wind
strek jou hande uit om my oor my
hals te streel die wind gaan lê
maar die rillings bly helder tril

dit word nag en die lug word koud
teen my bors en lippe smelt die gedagte aan jou
ek lê stil dat my geestesoog jou elke hoek raaksien

in die koue oggenduur skrik ek in ‘n sweet
van verlange wakker die ure weg van jou
lê so ver uit mekaar