uit die kleiputte sleep sy haar tong
in watter taal moet sy skryf om verstaan te word?
hoeveel keer moet sy 'n vertaler soek?
soos haar vingerafdruk, haar oë-kleur
en die bolling van haar rugstring
kon sy nie kies in watter moedertaal
sy gaan praat nie
tog voel sy so diep geheg aan
hierdie taal waarin Raka asem gekry het
die taal wat haar dikwels so alleen laat voel
sy hardloop agter die laaste vestings van
die bekende lettergrepe -
lettergrepe waaraan sy suig
soos moederstieties
Tuesday, 3 July 2018
Thursday, 22 March 2018
Die Klein Gedagte
ek
vermoed ek dink te groot
te
diep
te
ver
dink
klein
dink
hier vlak naby my eie oog
my eie hart
my eie hart
as
ek bly snuif agter die gat van die Groot Gedagte
gaan
hy my bly ontwyk
soek
vir die Klein Gedagte
so
klein dat ek hom tussen
my
duim en wysvinger kan vasdruk
en
net duskant die kleinste lugholte
tussen
my ribbes kan indruk
die
Klein Gedagte sal tevrede daar sit
klein wortels en blaartjies sal begin spruit
en
filigraan deur my borskas rank
hou
vas aan daai Klein Gedagte
laat
hom bollemakiesie slaan in my kop
hy
is nie bang vir enige iets nie
nie
eens vir die Groot Gedagte nie
daar
is ‘n sterk sin van vervolmaking in
die
bewussyn van die Klein Gedagte
ek
weet dat al sou ek belangstelling
in
hom mag verloor
sy
grootte geensins sal verander
nie
kleiner of groter sal hy word
komaan, leer
om met kalmte
en genoegdoening
die
Klein Gedagte te bemin
min plek vat hy
en lig lê hy in my kop
ek het geen vrees -
hy sal my nie laat omtiep
van buitensporige gewigtigheid
Tuesday, 27 February 2018
uit die mond van die suigeling
mag ek verewig 'n suigeling bly
en vir altyd aan die volborstige tepel
van die Woord suig
moet my nie speen nie seblief -
vassuigende ankering het ek nodig
in hierdie wankelrige bestaan
Friday, 24 November 2017
Wednesday, 22 November 2017
onder donker water
die
wreedheid van die woord
vang
net nie die omvang van die verlies vas nie
laat
ek nie die woord blameer -
die
wreedheid van my eie onkunde
maak
my lomp deur die wêreld steier
die alewige honger na essensie
laat my beendere lostrek van mekaar
ek
is moeg ek is moeg
om
elke keer terug te keer
na hierdie
raad-op wees
na hierdie
woord-op wees
ek
is onder donker water gedompel
ek
spartel of hyg nie na lug
gehul
in ‘n armsaligheid
wat
so swaarmoedig aan
my
skeurende gemoedere vasklou
ek
kry myself nie beredder van
die
teneerdrukking nie
die
mier loop onderdeur
die
lig en skadu’s van die druiwe prieel
salig
onbewus van die groot stuk hartseer
vasgevang
in
hierdie
snikkende
monoliet van
'n mens-lyf
Tuesday, 21 November 2017
gooi houding!
die
skrywershand moet
met houding
klem
om die pen
‘n houding van seëviering
‘n
houding gegeur met
‘n
knippie onverskilligheid
en
‘n leksel onbesonnenheid
enige
houding kan jy gooi
solank
‘n ware poëtiese vernuf
ten
toon gestel word
vir
hierdie eksperiment
sal
ek nederigheid
en
fokus op tekortkominge
in
die agterlaai bêre
kom
binne houding
jy word genooi om
jou
alleswetende neus
die
digkuns in te steek
gooi houding met
‘n
los tong
en
‘n wip neus
en
moenie vergeet houding is nie houding
sonder verbeelding!
as
jy wil oorleef as digter
gooi houding!
Saturday, 18 November 2017
stroop
laat ons terugkeer hiernatoe:
die eenvoud van skep
laat vaar die kompleksiteite en hoogdrawendhede
stroop die skeppingsdaad tot iets
so vaartbelyn en ongerep
dat ‘n enkele resonans die pupil van die hart
sal laat oopblom en tot verligting ruk
die eenvoud van skep
laat vaar die kompleksiteite en hoogdrawendhede
stroop die skeppingsdaad tot iets
so vaartbelyn en ongerep
dat ‘n enkele resonans die pupil van die hart
sal laat oopblom en tot verligting ruk
Friday, 17 November 2017
onderwys
gee my 'n onderwyser
wat my inderdaad
onder wys
'n leermeester wat my
die onder kant van sy voete wys
die onder kant van die grond
die skaduwees onder my kieliebakkies
my alles kriewelend onder die son wys
wys my onder die matte en stofpote van sitbanke
wys my onderin die spook-kelder
onder die belt
onder die klere
onder die oseane
onder die bewussyn
alles so diep onder verborge wil
ek so bittergraag gewys word
moenie my bo wys nie
daar is te veel lig en helderheid
wys my onder
daar ver onder
daar waar ek sonder huiwer ondersoek kan tref
en my ondervindinge met ware onderskeid
en trots kan onderteken
daar waar verborge onderwerpe behandel word
en die onderrig so diep onder gerig word
dat daar 'n daadwerklike ondersteuning
sal groei in die ondergrond van alle dinge
daar waar die duister misterie
gloei in geheime
en onderhandelinge en ondervragings
met soveel ondeurgrondelike passie nagestreef word
die bogrond kan bietjie doen met onderbenutting
ons sal waaragtig ondergaan
as ons gedurig boontoe wil mik
dit is jammer dat die onderwys onderskat en ondermyn word
dit is hoekom daar onderlangs so baie onderonsies uitbreek
ons is onderworpe aan 'n tekort aan
kennis van die lewe se onderdele
laat dit 'n onderhoudende onderneming word
om onderdanig te wees aan die
wonder
ondergrond van die
onder
wys
wat my inderdaad
onder wys
'n leermeester wat my
die onder kant van sy voete wys
die onder kant van die grond
die skaduwees onder my kieliebakkies
my alles kriewelend onder die son wys
wys my onder die matte en stofpote van sitbanke
wys my onderin die spook-kelder
onder die belt
onder die klere
onder die oseane
onder die bewussyn
alles so diep onder verborge wil
ek so bittergraag gewys word
moenie my bo wys nie
daar is te veel lig en helderheid
wys my onder
daar ver onder
daar waar ek sonder huiwer ondersoek kan tref
en my ondervindinge met ware onderskeid
en trots kan onderteken
daar waar verborge onderwerpe behandel word
en die onderrig so diep onder gerig word
dat daar 'n daadwerklike ondersteuning
sal groei in die ondergrond van alle dinge
daar waar die duister misterie
gloei in geheime
en onderhandelinge en ondervragings
met soveel ondeurgrondelike passie nagestreef word
die bogrond kan bietjie doen met onderbenutting
ons sal waaragtig ondergaan
as ons gedurig boontoe wil mik
dit is jammer dat die onderwys onderskat en ondermyn word
dit is hoekom daar onderlangs so baie onderonsies uitbreek
ons is onderworpe aan 'n tekort aan
kennis van die lewe se onderdele
laat dit 'n onderhoudende onderneming word
om onderdanig te wees aan die
wonder
ondergrond van die
onder
wys
Monday, 13 November 2017
kalkulasie
Kyk of jy die volgende kan beraam:
tel al die vokale saam
vermenigvuldig dit met die som totaal van die konsonante
(jy mag nota’s maak op die kante)
Tel die lettergrepe saam, bereken dan die vierkantkwadraat
(Jy moet mooi beraam en geen stap uitlaat)
Maal bogenoemde met die totaal eksplosiewe van elke woord
Dis ‘n som van ‘n ander soort
Bereken die proporsionele verhouding tussen werkwoord en punt
Jy sal gou die sin en rede vind
Deel dit met die wortel van elke dubbelsinnigheid
Woord en getal lê nou oral verspreid
Maal die omtrek van die metafoor
Met die diepte van die sin
Moenie jou som tot-taal verloor
Anders moet jy van voor begin
Bereken die spoed van die rym
Jagend deur elke lyn
En plus dit by die radius van my oë
‘n Moerse getal, kan jy glo!
Thursday, 9 November 2017
as
laat niks van
alles
oorbly
maklik:
skeur op
en
gooi
in
die vlam
laat woord tot
as
gaan -
as
is meer konkreet
as
hipotese
as dit oorbly
as: dit bly oor
as dit wegwaai?
as: dit waai weg
as:
ryk-assige teenpoligheid vasgevang
in net twee letters
asseblief:
burn after reading
ryk-assige teenpoligheid vasgevang
in net twee letters
asseblief:
burn after reading
Tuesday, 7 November 2017
deur my vel
ek hoef nie 'n gedig te lees
om dit te verstaan nie
ek asem die digtatorika in deur my vel
geen rasionalisering
ontleding
bevraagtekening
of serebrale assimilering
digterlike osmose deur my porieë
die poësie tref my murg
'n veerkragtigheid skiet
deur my rugstring
en ek word
menser
mens
om dit te verstaan nie
ek asem die digtatorika in deur my vel
geen rasionalisering
ontleding
bevraagtekening
of serebrale assimilering
digterlike osmose deur my porieë
die poësie tref my murg
'n veerkragtigheid skiet
deur my rugstring
en ek word
menser
mens
Sunday, 5 November 2017
searching
even before i start writing a poem
the metaphoric moisture seeps
in whispers through my marrow
making my mind seething and sweating
frantically searching the experiential
and sensorical crevices of my being
stray and feral syllables
come curdling
up to the surface
leaving me with
hellish throatburn
the metaphoric moisture seeps
in whispers through my marrow
making my mind seething and sweating
frantically searching the experiential
and sensorical crevices of my being
stray and feral syllables
come curdling
up to the surface
leaving me with
hellish throatburn
Saturday, 4 November 2017
The Cross Roads VIII
It
has been a while since they gathered at the Cross Roads.
The
silence has grown old and stubbly.
The overhang of trees shows no signs of leaf or life.
A shoe lies under a thick mound of dust.
In the distance I hear the faint whisperings of the Carillon.
The overhang of trees shows no signs of leaf or life.
A shoe lies under a thick mound of dust.
In the distance I hear the faint whisperings of the Carillon.
Or
is it just my imagination?
The gloom is leaking from my throat.
The gloom is leaking from my throat.
The
desolation is rusting all over the stones.
I sit and wonder when someone will come to cross at the Cross Roads.
I sit and wonder when someone will come to cross at the Cross Roads.
It
has been a while.
But
not that long a while, for I notice from the
dark mouth
of the cave the Cave-Dweller comes stumbling
with his hands sheltering his eyes from the fierce sunlight.
Clearly he has not been outside for days.
My cheeriness suddenly springs onto its haunches
of the cave the Cave-Dweller comes stumbling
with his hands sheltering his eyes from the fierce sunlight.
Clearly he has not been outside for days.
My cheeriness suddenly springs onto its haunches
and
runs to greet him with fierce hugging and interminable questions.
“Hang
on, darling! Give a man the space to adapt to the light again!”
I am profusing apologies on him which does
not improve his state of mind.
not improve his state of mind.
“Who
is making such a rabble-rousing-fuss up there?”
I make out the voice of the Loner.
He is peaking his head from the overhang of trees.
I make out the voice of the Loner.
He is peaking his head from the overhang of trees.
“Why
could I not see you under the trees?” I ask with concern falling
like
guava pips from my mouth.
“It happens that a Loner becomes invisible to those who has
no care for lonesomeness in this world” he retorts quite huffishly.
“It happens that a Loner becomes invisible to those who has
no care for lonesomeness in this world” he retorts quite huffishly.
The
Cave-Dweller appearing stronger against the glaring light of day
seems
to grow stronger too in cheeky bravado “Oh, do not think that
you
can monopolise loneliness Mister Loner. We all have little bits
of
forsakeness hiding in our solitary bones.
Do not take it all on your own shoulders.”
Do not take it all on your own shoulders.”
A
sudden gust of wind blows over the plains and I notice the dusty shoe.
Knowing
what my questions will be, the Loner answers
“No,
it is not my shoe, and no, I do not know where the other shoe is.”
The
Cave-Dweller showing an uncharacteristic
interest in the conversation
interest in the conversation
walks
towards the Loner and the overhang of trees
and lifts a few branches to see more clearly
what state the space was in.
and lifts a few branches to see more clearly
what state the space was in.
“Oeeigh, my cave is a palace compared
to this dingy dust hole.”
My
ears begin to ring. I feel a heated altercation rapidly on its way.
I
turn quietly around and head for the crossing.
I thought I missed these fellows, but now I just want
the sweet silence to return.
I thought I missed these fellows, but now I just want
the sweet silence to return.
This
time the Carillon rings audibly and relieves my ringing ears.
“For
as long as you sit at the Cross Roads, you will not find silence.”
chimes
the Carillon. “I have craved it since I was born, but soon realised
I
make the biggest clamouring racket on these plains.
The irony is that no one takes notice of me anymore."
The irony is that no one takes notice of me anymore."
“I
still hear you.” I say “It is your ringing that keeps luring me
back to the Cross Roads.”
back to the Cross Roads.”
Not
thinking that it is possible for a carillon to snort and snigger,
I hear the Carillon snorting and sniggering
“You only say that to smear honey around my bells.”
The links to the previous seven Cross Roads poems >
I hear the Carillon snorting and sniggering
“You only say that to smear honey around my bells.”
The links to the previous seven Cross Roads poems >
Thursday, 2 November 2017
spieël
sal
ek ooit weet wat daar l ê?
dit
bly saam met my beweeg
die
ander ek
die
ander jy
wie
choreografeer my?
wie
orienteër jou?
is
daar ‘n jy?
is
daar ‘n ek?
dit
spieël met ons
speel
speel speel
gooi
jou beeld vir my
en
ek gooi dit terug
vang
moenie
laat val nie
vang
vang
VANG!
spieël
is
delikaat
delikate
kaatsings
weerkaatsings
weer
kaatsings
oor
en weer terug na jou
terug na my
spieël
die lyflyne fyn
moenie
verby die lyne van jou
oë beweeg nie
spieël
word swaar
swaar
swaar
wees
nie?
‘n
alleen ek
sonder
die dra van die ander?
draai
myself af van die kaatsings
ek
wil nie geweer-kaats word nie!
argh,
die spieël se spel volg my
sonder
passie
sonder
jaag
sonder
geweld
val
sy gesig op myne
spieël word ek
ek
word jy
smelt
die skelet inmekaar
geen
pyn geen stoei
spieël
word spieël
spieël
kyk in spieël
spieël
is kindspeel
gesig
bal
gooi
gryns
l ê
lag
droom
glas
is fyn beeld
skynbeeld
skyn
skyn
skyn
beeld
blink
blink
blink
en
verblind
blind
blind
hou my vas
Wednesday, 1 November 2017
vir die onthalwe van nie verstaan, yehuda amichai
vir die onthalwe van nie verstaan
voel ek woorde aan jou
trap ek die verhoog met my lyf
tou draai ek om my hande
drink uit leё koppies woorde
speld veiligheidspelde aan 'n swart
hemp
sit voor 'n sonhelder sak vol
nartjies
skil een na die ander se ronde koppe
af
om die soetsappige vlees teen
my honger tong te lê
vlos ek my tande sodat jy my mond
kan aanskou
borsel ek my hare om die borsel te
herhaar
lees ek uit 'n boek met wit blaaie
in persies geskryf
stapel ek klippe op in 'n wankel
hoop
gaan sit ek langs die ou man met die
wynglas
wat hoop ek kom sit nie langs hom
nie
die alleen druppel rooiwyn lê
sy fossiel-lyf
teen die holte van die glas
tilt dit na my mond en proe gis en
stof
vingers van sop lek my tong
bodem van bord val op my spoeg
die roosmaryn stik die brood
die mond van die tygerberge tuur
soos 'n grot
my tong troos ek met druiwe
dood gekook in suiker
die vrou wat jou afloer uit haar
donker oё
groet my met haar lyf
die kop van my regter skouer ruik na
jasmyn
Tuesday, 31 October 2017
die appel
die
appel vasgespeld aan
jou bors
gryp
ek
soos eva
sink ek diep binne
die verbete verlossing
van
jou stem
Saturday, 28 October 2017
wortel tekort
orals om my sien
ek ontkoppeling
selfs die letters in hierdie woorde
ly aan 'n tragiese diskonnek
vir die geletterde
in hierdie taal
is daar moontlik 'n samehang
en vloei van betekenis
dit is egter net op
die oppervlak
dieper onder die letters is
die wortels uitgekap
en hang 'n veronderstelde kommunikasie
slegs aan die takke van ons eie verbeelding
hoe kan my woorde
wortels groei om
'n ware ankering in
'n volhoubare bron
te verseker?
ek ontkoppeling
selfs die letters in hierdie woorde
ly aan 'n tragiese diskonnek
vir die geletterde
in hierdie taal
is daar moontlik 'n samehang
en vloei van betekenis
dit is egter net op
die oppervlak
dieper onder die letters is
die wortels uitgekap
en hang 'n veronderstelde kommunikasie
slegs aan die takke van ons eie verbeelding
hoe kan my woorde
wortels groei om
'n ware ankering in
'n volhoubare bron
te verseker?
Wednesday, 25 October 2017
sy het nie altyd iets om te sê nie
as poësie eers haar lêplek
binne jou kom vind het
moet jy haar met veel beminning koester
moenie bekommer as sy
vir lank stil lê
onthou poësie hou ook
van slaap
en woordloos wees
sy het nie altyd iets om te sê nie
sodra jy
drukkende
verwagting
op haar plaas
dan los sy op
soos
doudruppels
in
die
son
binne jou kom vind het
moet jy haar met veel beminning koester
moenie bekommer as sy
vir lank stil lê
onthou poësie hou ook
van slaap
en woordloos wees
sy het nie altyd iets om te sê nie
sodra jy
drukkende
verwagting
op haar plaas
dan los sy op
soos
doudruppels
in
die
son
Tuesday, 24 October 2017
chatoyant
i learnt a new word today:
chatoyant - to shine like a cat's eye
and i knew immediately what
to do with this shimmering and lustrous word:
break it up and
plaCe its letters on a dark road so
that the different
facets of the syllables
catch the smallest
ray of light and show
the way to the
fluorescent heart of this poem
and make your own heart fill out with
radiating eyes that will see the cat all the
way from its eyes to its very tail
chatoyant - to shine like a cat's eye
and i knew immediately what
to do with this shimmering and lustrous word:
break it up and
plaCe its letters on a dark road so
that the different
facets of the syllables
catch the smallest
ray of light and show
the way to the
fluorescent heart of this poem
and make your own heart fill out with
radiating eyes that will see the cat all the
way from its eyes to its very tail
Saturday, 21 October 2017
spronge
sirkusligte
skiet deur my toe oë
versamel
ek die akrobate se hoogste spronge
waarmee my brein
die
heinde en verre kan inspring
Thursday, 19 October 2017
ag as my kop brandewyn kon stook
ag as my kop brandewyn kon stook
wat my op so 'n trip kan vat
sodat ek buite myself kan staan
en die plesiere van die nie-ek kan beleef
en dalk moet ek leer om te vervel
dat ek meer gereeld nuwe sensasies met
nuwe porieë kan voel
en ja as ek 'n biblioteek van tonge kon hê
waaruit ek nuwe gesprekke en slim woorde
na willekeur kon kies
en nou wat ek op 'n wens-trip gaan
wens ek kon elke week nuwe oë in my kop plak
dat ek enige verveeldheid met die herhalende horison
kan vervang met nuwe in-sig-te
en wat van ander tande wat nie
heeltyd my naels wil afbyt nie
en 'n ander kop met minder praatjies wat
my altyd anderste wil oortuigswem
in water
so koud soos bergklippe teen
die
douende hange in die vroeë oggendure
swem ek
met my lyf en word ek een met water
grens
verdwyn tussen vel en vloeistof
word die
water een met my
voel ek
geen weerstand van spier of senuwee
word my
lyf die ontmoeting tussen waterstof en suurstof
proe ek
water met my hele lyf
word ek
een met die kolk en vloei van water
voel hoe
al my dorstende selle oplos in
die
in-vloed-ryke eenvoud van water
Wednesday, 18 October 2017
ready
my lips rise tumescently
with pregnant bumps
my mouth so ready for
the poetry to come gushing forth
my lips begin to move of their own accord
the anticipation is so strong
feel the verbal pulse spread from lip to heart
changing my heart-rate to that of the verse-rate
with pregnant bumps
my mouth so ready for
the poetry to come gushing forth
my lips begin to move of their own accord
the anticipation is so strong
feel the verbal pulse spread from lip to heart
changing my heart-rate to that of the verse-rate
Sunday, 15 October 2017
son
ek gaan lê in
die son van jou hart
my oë glinster tevrede
soos doudruppels
die son van jou hart
my oë glinster tevrede
soos doudruppels
Thursday, 12 October 2017
genoeg rede
die uitmergeling in my rugspiere berispe
my begeerte tot vervolmaking
tog bly die vervulling in my kop
die wilskragtigheid van my lyf te prys
hoekom is die lewe so moedswillig?
ons is almal outodidakte
wat vanuit die tabula rasa en geen ervaring
'n lewe moet bou wat net wil sinmaak
die deskundiges verbeel hulself dat hul iets weet
ek moet hulle nie verkwalik nie
dit help die self-beeld om
jouself tot in kokkedoorskap te verbeel
dit is moes lekker om kamma-kamma te speel
dit is seker beter as al die kwaadwilligheid
en slagting wat uit al die donker krake breek
laat ek nie ophou die wêreld lees deur woord en akkoord
die met oë kan nie verskoning gebruik
dat hulle nie kan sien
werk deur die trauma
haal diep deur die krake en hoesbuie asem
die lig en lug sal deurbreek
die lewe se inherente kapasiteit tot heling
belowe dit
al word die vlerke ouer met elke vlug
bly nuwe vere groei
genoeg rede om aan te hou vlieg
my begeerte tot vervolmaking
tog bly die vervulling in my kop
die wilskragtigheid van my lyf te prys
hoekom is die lewe so moedswillig?
ons is almal outodidakte
wat vanuit die tabula rasa en geen ervaring
'n lewe moet bou wat net wil sinmaak
die deskundiges verbeel hulself dat hul iets weet
ek moet hulle nie verkwalik nie
dit help die self-beeld om
jouself tot in kokkedoorskap te verbeel
dit is moes lekker om kamma-kamma te speel
dit is seker beter as al die kwaadwilligheid
en slagting wat uit al die donker krake breek
laat ek nie ophou die wêreld lees deur woord en akkoord
die met oë kan nie verskoning gebruik
dat hulle nie kan sien
werk deur die trauma
haal diep deur die krake en hoesbuie asem
die lig en lug sal deurbreek
die lewe se inherente kapasiteit tot heling
belowe dit
al word die vlerke ouer met elke vlug
bly nuwe vere groei
genoeg rede om aan te hou vlieg
Wednesday, 11 October 2017
op jag
ek is op jag
gedurig op jag
die vangs is maar klein elke dag
slegs nietige lettergrepe hier en daar
wat in my lokval trap
niks meer
wat sal my digtersmaag versadig kry?
watter kopspeletjies, meditasie,
marteling,
navorsing, ervaring
sal 'n gedig uit die blanke vlak
laat oprys?
my oë heeltyd gespits
my ore aan die klop
my hart alewig op die uitkyk
my potlood onverpoosd
aan die snuffel
om heerlike geheime soos truffels
uit die papier op te diep
gedurig op jag
die vangs is maar klein elke dag
slegs nietige lettergrepe hier en daar
wat in my lokval trap
niks meer
wat sal my digtersmaag versadig kry?
watter kopspeletjies, meditasie,
marteling,
navorsing, ervaring
sal 'n gedig uit die blanke vlak
laat oprys?
my oë heeltyd gespits
my ore aan die klop
my hart alewig op die uitkyk
my potlood onverpoosd
aan die snuffel
om heerlike geheime soos truffels
uit die papier op te diep
Subscribe to:
Posts (Atom)




