ek moet my kop op
'n daaglikse basis vertaal
my selle genereer
'n taal wat ek nie kan verstaan nie
ek maak voorbrande
al om my siel, my hart, my kop
om enige moontlike
wegholbrande te keer
ek pak klippe in
die vuur
en druk hulle styf in
die koue holtes
van my hart
ek weier om
te vries
mag ek die
vaardigheid hê om
die aarde se
fiaskos aan die kamferboom vas te maak
en myself daarna
te sus met
al die kaste se
wolkomberse
No comments:
Post a Comment