ek tuur uit al die vensters
bang vir die donker man
maar altyd in die hoop dat dit
jy sal wees wat kom
en die stil holtes in my ore
weer vol sal sing
as jy weg is voel my mond soos ‘n hol eggo
wat ‘n afskuwelike verdoemenis
om met ‘n hol mond rond te loop
net my gesug eggo oor en oor daar binne
net my kreune wat verlore raak
in die donker grot van my keel
ek tuur uit al die vensters
bang vir die donker man
maar altyd in die hoop dat dit
jy sal wees wat kom
en die stil holtes in my ore
weer vol sal sing
ek bly skryf net sodat
die mantras en inkantasies
die mantras en inkantasies
van my sillabes my aan die slaap kan sus
en vrede in my hart plant
skryf ek net om die swart stilte
van die verblindende wit te breek
ek tuur uit al die vensters
bang vir die donker man
maar altyd in die hoop dat dit
jy sal wees wat kom
en die stil holtes in my ore
weer vol sal sing
weer vol sal sing
No comments:
Post a Comment