Friday 31 October 2014

verskil

uit die onderonsie wat tussen
die blaaie losbreek
los 'n wolk stof in my oё op
nou is ek nog meer in
die duister waaroor ek
moet skryf
tussen die getaksidermifiseerde volstruispoot,
teelepels, gloeilampe, strooimatte, perdekoppe,
honde in lang swart jasse en gapende luiperde
wonder ek vanwaar gaan my sin kom?
ek kyk tussen die bak appels en perskes
net muggies
niks meer
ek skakel die ligskakelaar aan
dalk sien ek beter
al wat blinker blink is poot van volstruis
in die tweetalige woordeboek het die stof gaan lê
lyk my die woorde het vrede gemaak met
die verskille wat nog so fel
tussen hulle lê

No comments:

Post a Comment