vir my pa, louis
met jou het ek ‘n selfoongesprek oor soprane
seer skouers
warm water sakke
warm water sakke
blokke ys
oudword en eensaamheid
oudword en eensaamheid
en moenie vergeet
die nagtelike koninginne
en dit alles deur wisselvallige opvangs
tog
deur die helder oomblikke
deur die helder oomblikke
reis daar oor die dun en onsigbare lengte van die selfoonlyn
soveel poëtika
en pyn
No comments:
Post a Comment