my hart trek
in die vorm van
‘n klok
ek prewel ‘n gebed
mag ons nie lui raak met
liefde en
nooit die noodsaak van die
skeppingsdaad minag
ek begin lui van diep binne my bors
dit tril en ril deur al my spiere totdat my lyf
opstyg en beier die wye lug in
opstyg en beier die wye lug in
word wakker
wêreld, word wakker!
die nuwe dag breek aan soos ‘n swael-seisoen
in vlug na die reuk van somer
No comments:
Post a Comment