die wil vir lê en slaap
het ek tot 'n kuns verfyn
of eerder tot 'n gewoonte
van somna-estetiese proporsies
die lê self is verrukking vir die rug
die blydskap van die lê-ende rug ken geen
gelyke
bene en arms en kop wat in
die gloeiende warmte van bed kan broei
lei tot 'n geluksaligheid
wat geen einde of opstaan wil ken
No comments:
Post a Comment