ek ontdek hierdie gedig wat ek vandag, 31 Oktober, twee jaar terug geskryf het oor my pa, Louis <<<
die dag wanneer jy uit jou vader
die dag wanneer jy uit jou vader
se
eie mond hoor hoe alleen hy voel
dan
breek die spier in hou hart
soos
splinters van 'n deurgekapte boom
ek
voel hoe die woord ‘alleen’ deur my ore sny
ek
is ver van hom
wat
kan ek doen?
ek is ver
tog kan ek probeer om meer te gaan aanklop
maar dit gaan nie die alleen weg vat nie
ek is ver
tog kan ek probeer om meer te gaan aanklop
maar dit gaan nie die alleen weg vat nie
daar
draai ‘n stywe knoop in my keel
moet
ek hom jammer kry
moet
ek hom meer bel
meer sms
‘n
boek pos
of bottels konfyt aanstuur?
niks
sal die alleen wegvat nie
hy
is alleen
punt
hy
smag vir die saamwees van mense
die
mense wat op sy grond trap
wat
opinies het
wat
dit uiter
wat
hom maak lag
wat
hom die moer in maak
wat
hom na mense toe laat aantrek
en
wat hulle net so kan afstoot
hierdie
pa van my
hoe
gaan hy daai alleenheid kan hanteer
in
sy groot jas sit hy agter boeke
knus
ingedruk tussen sy agt kussings en swart kombers
die
drie worshonde is sy geselskap
so ook sy
bome
sy
orgidieë
sy
mure
sy
kenwood
sy
mikrogolf vul al die alleen-spasies
stu
hy homself teen die wit mure van sy huis
staan
regop
huil
en
skree
en
lag
en
maak die deure oop
bevry
jou siel
praat
hardop
sit maria callas full-blast
vir die hele neighbourhood om te hoor
sit maria callas full-blast
vir die hele neighbourhood om te hoor
praat
met ander
bel
verf
op jou skilderdoeke
tob
maar asseblief nie te veel
kuier
haal
asem
diep
in
en
uit
en
voel almal voor en na jou in die lug al om jou
jy
is nie alleen
jy
het die voor-en na-vaderse geeste wat jou besoek
vermaak
hulle met jou fisika
met
jou spiekragtigheid
met
die volkleurigheid van jou bloed
gooi
hulle met die skreeu van jou stem
die
bulder van jou bors
EK
IS NIE ALLEEN NIE!
No comments:
Post a Comment