ek vat die blou drukkie-klikkie potlood
wat my ma nou net ingebring het om
geldsake te bespreek
en ek balanseer die potlood
tussen my vingers en my kop dwaal af
en luister niks wat my ma sê nie
ek kyk hoe die potlood die spasie inneem
die verhouding tot ander objekte en kleure
wat is die funksionele, filosofiese
en antropologiese betekenis van
hierdie potlood in my hand
ek weet my ma en vele ander dink hoegenaamd nie
so omtrent die beskeie ou potlood nie
my kop flits gedurig in daai denkspasie van digtatorika
elke woord en objek en gevoel gaan deur my digters-sif
en ek weeg, mymer en bepeins dinge
in relasie tot die wêreld
tot my sintuie
en ek moet dit in woord omskep
die ordening van al hierdie eksistensie in digterlike sin
gee my kop betekenis vir leef
No comments:
Post a Comment