Friday 22 October 2021

die kwikstertjie

die kwikstertjie kom deur die koffiewinkel gepyl
hy weet presies hoe om
om die stoele, rakke en menskoppe te navigeer

soos wat die kafee leër word
vlieg hy weer na binne en trippel
met 'n ratse self-vertroue oor die vloer
pik al agter die krummels aan

sy lewenshouding soveel aantrekliker 
as meeste mense bukkend oor 
hulle fone en koffiekoppies

No comments:

Post a Comment