ek gly diep binne jou murg
daar waar die werwels van lente spruit
ek sny my hande diep in jou lieste
en ruik die beurende vrugbaarheid
die oseaan is koel marmer vandag
ek dans oor die strandpaaie
met hande wat soos wisterias blom
die digkuns rinkink al agter my aan
vir 'n verandering is ek voor die digkuns die pad af
my tone proe die verslustige velde
lank voordat hulle in woorde ontkiem
dit is hoe ek kies om hierdie dae te leef:
duikend in elke nuwe nou
No comments:
Post a Comment