Thursday, 30 April 2015

The Cross Roads VI

On a moonless night the Loner awakens by some stirring 
in his stomach and decides to go strolling around the Cross Roads. 
As he walks he mumbles to himself. All of a sudden he stumbles 
over something. It is the sleeping body of the Wretch.
He grumbles and turns around to continue his sleep. 
“I never knew this is where the Wretch sleeps. 
Isn’t the poor fool freezing out on these plains?”
Not too fussed about the comfort of the Wretch, the Loner
walks back to the Cross Roads. As the sun is rising he reaches
his pile of rocks. He fumbles through his little heap of earthly goods. 
“What do I have to do to get something to eat? I’m so tired of 
this hunger. I don’t know how the others stay alive.”
As the sun is revealing its full splendour the Carillon
commences her jolly morning song.
“Oh shut up, you blingy belly thing!” shouts the groggy Cave-Dweller.
“Can’t we just for once sleep the day away?”
“Argh, shut your own trap!” the Prehistoric Postal Agent hits back.
The Cave-Dweller clearly in a scurrilous mood reveals
what everyone has been thinking about:
“We have been here for time immemorial and we have
depleted all our food. There are no more roots, bulbs, fruit,
seeds, nuts and grasshoppers to be found.
I have lost all my energy and lust for life.”
“Thank Godot someone else is also thinking about their stomachs!”
the Loner vociferates.
Up until now no-one knew that the Loner has been rationing
his last piece of guava since last Winter’s harvest.
He takes it out from under his pile of rocks and lovingly rolls
the pink fruit in his palms. As salivation starts forming on
everyone’s lips, the Wretch comes plodding over the plains from
his cold and exposed sleeping spot and eyes the feeding proceedings
with great interest.
Unlike his non-sharing nature, the Loner cuts the remnant of the
guava into four miniscule pieces and hands it out to the
four other denizens of the Cross Roads.
“Oh, someone is in a generous mood.” the Anarchist glibly sputters out.
The Loner, stung to the quick, snatches the guava piece from
the Anarchist’s hand.
“You don’t deserve my giving spirit!” the Loner cries out.
“I want that piece!” screams out the Wretch. “I have been here
for much longer than any of you.”
The Carillon chimes in “What about me?
No one ever thinks of my alimentary needs!”

The links to the previous five Cross Roads poems >

Wednesday, 29 April 2015

vat ek hierdie veranderende gesig van my vas

hierdie gesig wat van dag tot dag 
haar eie wispelturigheid volg
ek het geen houvas op dit wat 
die hoeke en kontoere en lyne 
van hierdie gesig bepaal nie
geen kamera spieël waterpoel of venster-weerkaatsing
stem ooreen met die gevoel 
van hierdie gesig nie
ek dink, nóú, gaan ek hierdie veranderende gesig van my vasvat
dan glip sy deur my vingers
en lag sy vir my narcissistiese wil om skoonheidsbeheer!

staan

in die nie-aanvaarding van 'n sit-lewe 
staan
ek 
en 
skryf 
hierdie 
gedig 
nou kan ek waarlik sê 
ek dink op my voete

Tuesday, 28 April 2015

die soeke

heen en weer spring my oë in die soeke
na waarde en ‘n opregte klank van lewe
ek kyk in die boomtoppe
teen die rand van die berg
op die donker vlek van my skaduwee

ek spits my aandag op
die krake in die muur en holtes in die grond
iewers skuil en broei dit fungus-stil
ek soek in die heuningpot se taai deksel
in altwee my broekspype
in al die deure se sleutelgate
dalk sit dit in die stof wat geruisloos in hoeke vergader

waar kan dit wees?
ek klim op die dak en kyk vandaar die vertes in
en roep met luide sillabes na die vreemde werkinge van vrede
en die geheimenisse van kreatiewe drange
om hulself uit hulle esoterika te ruk
en hulle helder verskyning te maak

moenie te ver kyk
dit sit moontlik hier reg op my voorkop
op die gehardheid van my sternum
tussen die riffels van my verhemelte
dalk net duskant my tempels
of in die heilspellende holte van my hand

ek soek dit in die lig in mense se oë
probeer dit vind in die toesprake van helde
in die voetsole van die ontdekkingsreisigers
in die asem van die Buddha
by die oprig van brûe
dalk is dit daar by die geboorte van babas
of tussen die vere van die digter se kopkussing

ek hardloop met ‘n oop mond die wind in

die soeke sal nooit stop

ek vou my hande so styf in mekaar
dat die kneukels wit staan soos sampioene

toegewyd sal ek bly in hierdie soeke

Friday, 24 April 2015

Groot Gees

sit al die ligte af
brand mpepho en salie
roep die geeste van die Woord op
onttrek myself van enige drink of eet
ek uiter geen woord
is stil en oop vir
die manifestasie van
‘n rustige ongretigheid

vanself begin my lyf draai in ‘n kolk om en om
word ek dronk op die suiwerende oomblik van
die letterlike loutering
trek die walms van die brandende kruie
diep in my longe
sien hoe die woordgeeste
vorm begin aanneem in
hierdie rare aardse verskyning

die rillings breek uit oor my hele lyf 

o die oomblik kom nader
die arrivering van die Groot Gees van die Digkuns
het aangebreek
sy asem hang soos dik stoom in die vertrek
ek ruik sy woorde in die diep donkerte van die stilte
die letters drup soos warm kerswas op my hoof
moenie probeer om dit af te vee
laat dit drup drup drup in my skoot en
kwiksilwerig uitdartel op die ouija bord

ah ah aaaaah
dis onmoontlik om weg te kyk
die hipnotika is sterk in hierdie oomblik
in die mees heilsame asemrowing
hoor ek hoe die lettergrepe in die mond van
die Groot Gees die
mees magiese gedig uitspel ...

Thursday, 23 April 2015

ek wil

ek wil so 
hoog die lug 
in kreun dat 
die cumulus wolke 
in 
honderd 
nuwe
verbeeldings 
breek

Sunday, 19 April 2015

I will face the City


i stand waiting for The City to come to rest
waiting for the sun to fall down west
and when the darkness comes
i refuse to leave
i will face The City
hear her cry
hear her lullaby
i must resist my need to turn my back on her
however her breath smells
i will face The City
whatever dress she wears
i will face her
face her tears
hear her song
look her in the eye
do not lose sight of her
who can be more full of willful life than her -
she who can breathe through steel and concrete
i will not delay my greeting her with my breath and body
for she keeps on nourishing from her sooty breasts
i will suckle now because feeding season is fleeting
and hold my peace a little longer in this momentary meeting

Thursday, 16 April 2015

and so i can only keep running

and so i can only keep running on with all that i am
through labyrinths of letter and sound
through blood dances and filtrated information
through frames of technologica and self-images
blinding fears, genetica and freedoms
through sorrow and flowers
through choirs of wild voices
through african soil and mirrors
and always through love
i run and push my way through
how can i stop when such a path lies under my feet?
i search incessantly for satiation in this mercurial organica
how rich are the depths that my feet feel in that
sprinting splitting moment
i thrust through with my whole being
with winds chanting around my calves
words boiling and insurgent in my jowls
i weave my way through dark and light
sometimes seeing, sometimes blind
i can not but quake with this tenacious willpower
to tread over the uncertainties of skin and mind
stitching together the scattered remnants of ecstasy still found
in the pristine crevices of the heart

Wednesday, 15 April 2015

laat ons terugkeer hiernatoe

met die arrivering van die winter-seisoen
staan ek gereed met vlamme wat warm oor my skeen flits
ek sien ver voor uit in 
die onvreedsaamheid van die wêreld
as ek sou bid dan is dit nou
want iets skort in die lewe
die harmonie van saamleef en skep
en mekaar die vryheid van grond en atmosfeer gun

in die uithoeke van ons bestaan sal daar
nog humor moet vasklou om ons siele te red
want as ons eers ons waardigheid verloor het met
die uitwissing van liefde en vrede
gaan ons nie veel hê om aan vas te hou

laat die basuinende klanke van visionêre stemme diep in
die holtes van ons ore vibreer – helder stemme wat 
ons uit ons hibernasie sal pluk
en ons bloed die rigting sal wys
en asseblief, herinner ons om te skep in plek van ruineer
en dat dit ook okay is 
om te observeer eerder as om te reageer

leef met oop gemoedere en juig uitbundig oor
al die passievolle mooi wat 
pols en groei uit hande en monde
laat ons nooit ophou leer
laat ons bly kyk na die groei van
die sade in en om ons
laat ons sonder voorbehoud wortel en blaar spruit
wat van lig en son
skadu en vorm sal maak

laat ons terugkeer hiernatoe:
die eenvoud van skep
laat vaar die kompleksiteite en hoogdrawendhede
stroop die skeppingsdaad tot iets
so vaartbelyn en ongerep
dat ‘n enkele resonans die iris van die hartsoog
sal laat oopblom en tot verligting ruk

Tuesday, 14 April 2015

forgery

no photographs are allowed because 
this interminable cornucopia of images 
only exhibits our fear of forgetting 
our uproarious forgery of smirks!

Monday, 13 April 2015

gaping

as the scrounging billboards saunter into your eyes
and scrape all your gullibility into your gaping mouth
the moles dive deeper into the earth

Friday, 10 April 2015

kleef

die lewe kleef met al sy indringerigheid
al om my asemhaling
ek hardloop my lam
deur soet, taai en steek woude
die adrenalien jaag deur my are
ek draai al om en om
wonderend of die rigting waarin ek invlieg
die regte ene is
my hart wil nie ophou klop
dit probeer met al sy spierkrag
al die smart uit my hart te pomp
maar niks wil werk nie
al wat uitkom is die hoes uit my bors
wat die newelrigheid van my bewolkte siel vertolk
ek knoop my tong so styf as wat ek kan
waarvan die hart vol is
moet my mond nie van oorloop

Tuesday, 31 March 2015

nothing will stop the sinking II

the despotic salt pricks the wound
and causes the sluggish tintinnabulation
to ring interminably throughout the cavities of my head

my spit enquiringly herds all the crayons together
this also prevents
my mouth from forlorn gaping

we forget that the hispanic goat
can predict the future
aloof he crows into the night, or is it bleating?

my feet’s blithe shuffle folds meekly over
the worlds’ flushed helter-skelter
if i could but dive my awkwardness away

the billboards rush past our fanatical eyes
our pens can not keep up with
investigating the truth

the pronounced poles blink in the evening traffic
the cornucopia just keeps on increasing
and no clinging interdict will stop the cheating

the mottled wool gives a ferocious smirk
while the girl unknots it to knit a jersey for the fledgling
oh how i would like to photograph this moment

i look from a steadfast angle into the blowing wind
luckily i am snug and warm whilst my feet saunter
firmly like a ballast through the hostile exhibition called human nature

in an uproarious scraping she unearths the mole
and begs it to resume its onomatopoeic scrubbing of the flax seed
this precocious offence makes the poor mole squint even more

the methuselan droplets point in the direction of
the murky conquest
after the incandescent flare-up the wax scrounges for its last meal

she scratches her mosquito bites with an emphatic whisper
and tries hard to answer life’s questions as
the sullen enemy keeps on spreading its cold metallic forgery

please pass me a serviette
i want to wipe these scuffling nouns 
from my elliptical mouth

Monday, 30 March 2015

nothing will stop the sinking

the despotic goat saunters into the room
and watches the flushed mole investigating
how the steadfast droplets squint their eyes

the hispanic whisper forgets that
the fanatical shuffle exhibits
the herding of such pronounced tintinnabulations

the clinging salt smirks as
the mottled poles scrounge
at the foot of the bleating billboard

the interminable gaping spreads
whilst the precocious nouns blink abnormally
at the sluggish enemy spitting in their eyes

the emphatic interdict pricks
the awkward angle which tries hard to answer
the uproarious crayons’ forgery

the sullen serviette blows its nose
when it hears the aloof crow increasing
its ferocious scraping on the tin roof

the blithe wool predicts
that the metallic offence will scratch our palates
and no pointing to the incandescent cornucopia will help

the murky helter-skelter sounds like
the onomatopoeic waxy scuffles
of the methuselan pen

the enquiring fledgling snugly folds its claws over
the forlorn flaxseed and can not understand
that such a hostile conquest rushes into the photographed future past

not even the stability and weight of a ballast
will stop the sinking of
this fridge and its elliptic magnets

Saturday, 28 March 2015

poetry always wants to be

poetry always wants to be
re-created
and
re-invented
it is never the last word for poetry
yet it always finds a way to have the last say
you wake up in the morning
with poetry foaming in your jowls
you go to bed
with poetry licking your bedposts
and tugging your eyelashes
it always wants to be felt
and sung and screamed out loud
it always escapes you when you want to pin it down
poetry does not relent
it is that primal pulse that once it has
knocked in your throat
will keep on knocking 
poetry has a way of grazing your shins
and letting the scar itch throughout your life
like falling stones it ricochets off
the cliffs of my sanity
embedding its shrapnel deep
inside my flesh

Friday, 27 March 2015

die Groot Gedig hy is oppad

die Groot Gedig hy is oppad
hy is al lankal oppad
dit is net jammer dat hy nog nie gearriveer het nie
ek hoor hom aankom al vir jare lank
maar hy kom net nie nader nie
die Groot Gedig is definitief oppad in my rigting
ek sien hom sidderend op die horison
hy is aan’t beweeg
maar hoekom is hy nog so ver?
hy is luid en vol self-vertroue – dit kan ek hoor
hy tril met dawerende geskal
hy is nie skaam vir die atmosfeer en wêreldtoestand
sy treë is groot en kordaat
maar hoekom wil hy net nie nader kom?!
sy stem is helder soos ‘n klok
maar geen woord hoor ek van hom
die Groot Gedig hy is oppad
ek voel sy warm asem teen my hakskeen
my lyf is reg vir hom 
trots en fier loop ek deur elke dag
hoop sterk dat hy my sal raaksien
die Groot Gedig weet van my
ek weet dit
ek voel dit
ek dink die grootsheid van die Groot Gedig
hou hom terug
keer hom om te vinnig
sy verskyning te maak
ek vermoed dit is een moerse Groot Gedig
want hy vat regtig sy tyd
hoe kan ek nou krom staan en moed verloor?
vandag is dalk die dag waarop hy sy verskyning gaan maak
en my dan gaan mis kyk
Lara, moenie opgee 
staan gereed 
vir die Groot Gedig
 - hy is oppad

Thursday, 26 March 2015

moet ek?

moet ek die hele antropologiese geskiedenis en
die nuutste omgewingssake ken om poësie te kan skryf?
moet ek allerhande intertekstuele foefies inwerk
om my lesers te oortuig dat wat ek skryf digkuns is?
moet ek ‘n graad en pryse vir kreatiewe skryfwerk hê
om poësie vir die publiek op te dis?
moet ek ‘n dik, hoogdrawende aura om my hang
om myself ‘n digter te noem?
moet ek alewig melankolies tuur die afstand in
om daai versadigende metafoor vas te vang?
moet ek skryf waarvan die intelligentsia hou
om my digkuns op die rakke te kry?
moet ek gedurig wonder dat wat ek skryf
goed genoeg is vir die kritici wat soos aasvoëls
om die af-reuke hang?
moet ek die poësie ‘n afgod maak
voor wie se voete ek myself in alle ootmoed neerwerp
en my siel verkoop vir die verbetering en verskerping van my sinne?

Wednesday, 25 March 2015

soos wat ek hulle glansende velle bewonder gaan die krag af

ek hoop dat hoe meer ek skryf
hoe beter sal my digkuns
én my handskrif word

dus sit ek hier in il postino
met my skryfboek en pen
om te kom skryf

deur die swaaideure sien ek mtv
flikker inaniteite binne
die vertrek met geen oë

die gegiste stroop van die hunter’s gold 
gly met my keelgat af
my vingerpunte ruik na roosmaryn

die italiaanse pizzeria se kombuis-personeel
is almal zoeloes
dis die uur voor aand-ete-skof begin

lag en klets en knie die deeg
die donker bek van
die pizza-oond lyk grot-stil

maar gou begin 
die vlamme skarrel en spring 
soos ape in ‘n hok

die sagte sillabes van die nguni-taal
motreën sag 
my oor in

sibilante esse en ooohs en sh sh sh
tla tla tla en oehm oehm oehm
eish eish eish

blink skyn die zoeloes se wange en soos wat ek 
hulle glansende vellle bewonder gaan die krag af
loadshedding hoor ek

ek verkies die donker
net kerslig wat die spoor van my inkpunt
verlig en ‘n lange pen-skaduwee oor die papier gooi

meer en meer mense kom binne
die donker skrik mense af maar nie 
as hulle honger is en weet die pizzas word in 'n vuuroond gemaak

rooi en wit blokkiesdoek
rimpel onder my vingerpunte
ek glimlag hoe die dae deesdae uitdraai

ek verkies as die ligte af is
die donker het so baie holtes
vir wegkruip in die middel van die hordes

Tuesday, 24 March 2015

The Cross Roads V

On an unusually bright and sunny morning the Wretch is whistling
whilst fixing his two marionette puppets.
“Be careful you don’t get the strings intertwined” the Anarchist shouts from the top of a cairn of stones.
“Be careful you don’t slip and fall from your haughty height!”
shouts back the Wretch.
The Anarchist ignores the spiteful warning of the Wretch as he
dislodges the guava pips of last season’s pudding from his teeth.
The Loner, as is his predisposition, keeps clear of this prickly conversation and waters the artichokes that have just started to show signs of growth.
From a distance the Prehistoric Postal Agent can be heard bellowing
“Hats, hats, hats for everyone!” as he swings a colourful array of headgear in magniloquent circles above his head.
“Thank Godot for this! The sun would have fried any last sense of humour out of our skulls” cried the Wretch.
The Cross Roads is such a merciless place.
“Why has the Carillon not announced my auspicious arrival?”
inquires the Prehistoric Postal Agent with a semi-dejected frown.
The Cave-Dweller who is not used to so much sun
sluggishly drags himself to the latest activities at the Cross Roads
and answers “The Carillon is still suffering from the humiliation of
her broken bell.”
“I know what I will do” pipes in the Wretch. “I will get my two marionettes to give us all a delightful divertissement. That is sure to distract the Carillon from her most sorry state.”
As the mood seems to lighten over the Cross Roads, the Anarchist had to ruin the moment with his insurrectionist attitude “Marionettes are just a show of deplorable hierarchy and control.”
The Loner, still tending his bed of artichokes, peers into the harsh rays of the sun and tries to wave the heat away with his new hat.
The Wretch lets out a heartrending howl and pounces on the Anarchist
"You are just jealous that I have found a way to soften the harshness of these indomitable plains! I will go forth with my puppets to our beloved Carillon. She will be too happy that I have found an antidote for her affliction."
The Prehistoric Postal Agent always wanting the last say, squeezes in an exclamation "Don't forget to take your hat!"

The links to the previous four Cross Roads poems >

Monday, 23 March 2015

Babel-aas

Tussendeur die skryf van nuwe gedigte, her-besoek ek so dan en wan die gedigte wat uit my pen gevloei het van jare terug. Hier is een wat ek altyd geniet om te lees - uit die jaar 2008 <

en wat sal gebeur
met my tong as ek in tien tale praat?

knoop verdwaal verdronk
sal my tong word?

woord is stuk aas wat ek aan die visstokpunt
van my tong haak

gooi ek my tong in
die waters van tientalle tale

vang ek
afrikaans sotho
xhosa engels
frans duits
italiaans zoeloe
hollands spaans

skree brei bid smeek lek rol
ek elk lettergreep

en word
my tong
Babel-aas

Sunday, 22 March 2015

pay attention

we are so indifferent and
lackadaisical in our daily existence
if our senses were open enough
we would give more feeling and respect to
the unwavering wonder workings of 
our cerebrospinal fluid 
if we really paid closer attention to
the miraculous life energy
we wouldn’t be so lethargic
so apathetic
so disinterested
toward a wholesome and hearty survival

Thursday, 19 March 2015

kern van versuiming

in die wolke
berge en
wind van die kaapse dae
vertrek die drome in my rug op vlugte van
ongegrendelde uitbuiting
van my sanity

wat is die afrikaanse woord vir sanity?
saniteit?
onmalheid?
gesondheid-van-verstand-en-gees?
hoekom is daar nie ‘n ordentlike kragtige en
direkte antoniem vir malheid in afrikaans nie?
ons afrikaanstaliges ken seker ook die teenoorgestelde van malheid?
of nie?

ek gee nie om om van my verstand te wees
en mal genoem te word nie
een malheid wat ek wel nie kan verduur nie
is wanneer mense my van my kop af praat met hulle
verbale diarree
oneindige babbelsug
ongeeweneaarde praatsiekte
albei my oë raak wasig
my ore verstar en
my borskas verstrak
in die waakloosheid van hulle monde gaan hulle
op trips en rollercoasters van hulle
bewussynlose en briljant monopoliserende monoloë

mense wil gehoor word
so moenie die hel in word nie lara
hulle het stories om te vertel
maar jirre kan hulle nie vir paar asemsblikke net stil wees
stilte is wonderlik vir die brein
die siel
die spasie
en
vir my ore

ek smeek vir ‘n bietjie stilte
waarin ek net kan staar tot in die kern van versuiming
breine en monde is hele-mal te ooraktief
ek smeek
ek smeek
maak hulle stil
maak hulle stil