mmm, soos appels en koringkorrels voed
die klei-grond my bloed
bring ek my lyf aarde toe elke dag
ruik ek die stof
ruik ek die diep nat fertiliteit van modder en grond
wat by die ryk slik en slym poele van die aarde uitmond
wees versigtig waar jy trap
want elke dag gee grond geboorte aan menigte wesens
waardeur die lewensbloed tap
wees versigtig want jy trap dalk op iets nuut en kaal
iets wat nou net begin asem haal
mmm, like apples and wheat
this clay-earth feeds my blood
everyday i bring my body to the earth
i smell the dust
i smell the deep wet fertility of mud and soil
that pushes up from the earth's rich pools of mire and slime
be careful where you tread
for everyday soil gives birth to a myriad of beings
through which flows the lifeblood
be careful, for you may step on something new and naked
something that has just begun to breathe
Wednesday, 30 September 2015
Tuesday, 29 September 2015
in sy oë
die bedelaar soek 'n stuk warmte in
sy kartonbed
dit is koud in die aande in kaapstad
sy mond is hard soos
die betonmure
wat oral
om
hom
oprys
maar in sy oë
sien ek iets van sy siel skyn soos
'n perdeblom wat
deur
die krake
breek
Sunday, 27 September 2015
laat ons terugkeer hiernatoe
met die arrivering van die nuwe seisoen
staan ek gereed met vlamme wat warm oor my skeen flits
ek sien ver voor uit in
die onvreedsaamheid van die wêreld
as ek sou bid dan is dit nou
want iets skort in die lewe
die harmonie van saamleef en skep
en mekaar die vryheid van grond en atmosfeer gun
in die uithoeke van ons bestaan sal daar
nog humor moet vasklou om ons siele te red
want as ons eers ons waardigheid verloor het met
die uitwissing van liefde en vrede
gaan ons nie veel hê om aan vas te hou
laat die basuinende klanke van visionêre stemme diep in
die holtes van ons ore vibreer – helder stemme wat
ons uit ons hibernasie sal pluk
en ons bloed die rigting sal wys
en asseblief, herinner ons om te skep in plek van ruineer
en dat dit ook okay is
om te observeer eerder as om te reageer
leef met oop gemoedere en juig uitbundig oor
al die passievolle mooi wat
pols en groei uit hande en monde
laat ons nooit ophou leer
laat ons bly kyk na die groei van
die sade in en om ons
laat ons sonder voorbehoud wortel en blaar spruit
wat van lig en son
skadu en vorm sal maak
laat ons terugkeer hiernatoe:
die eenvoud van skep
laat vaar die kompleksiteite en hoogdrawendhede
stroop die skeppingsdaad tot iets
so vaartbelyn en ongerep
dat ‘n enkele resonans die iris van die hartsoog
sal laat oopblom en tot verligting ruk
Labels:
aarde,
bloed,
blom,
gedigte,
grond,
hart,
kreatiwiteit,
liefde,
lig,
pols,
sosiale kommentaar,
stem,
vrede,
wereldbeskouing
opeenvolging en agtervolging
dit
is die opeenvolging van woorde
waarna
sy die heeltyd hunker
dit
is ‘n onblusbare fassinasie
met
hoe die woord haar agtervolg
en
hoe sy die woord agtervolg
én hoe
die woorde
mekaar agtervolg
die woorde
mekaar agtervolg
en
heeltyd
op
die
uitkyk is
vir
sin
Saturday, 26 September 2015
lig
en ek
het lig gevind
onder my
naels
tussen
my tone
lig in
die skulpe van my ore
en in
die holte van my naeltjie
strale
van lig vul die oksels van my arms
op die
punte van my elmboë
lig lê
in die grot van my mond en in die vou van my nek
golwe
van lig spoel deur my hare
en maak
my glo ek is die son
Friday, 25 September 2015
the velvet swelling of it
the full and ripe fulfilling
within my clasping hands
his only wish is to find its nest
in the dark and wet cavern
as my fingers start stirring over his silken skin
he begins to bud with serene twinges
in the sun of my hand it ripens out
into one glorious tumescence
as if he is the surging tide ruled by the attraction of
the mystical moon
and eagerly lapping out to the hinterland
as if he is the dilating pupils of my intoxicated eyes
growing and brimming with restless lava
the hollow of my hand was made for
the velvet swelling of it
the core of my fleshy grotto was ordained
to be unlocked by the perfect fit of it
its reach goes beyond my blood and nerves
it pushes through to the core of my bones
right into the axis of my soul
suffusing my ramparts like irradiating red wine
thrusting straight into the heart of fruition
as he enters he illuminates the dusky chasms
turns me inside out
arching out to fill
the emptinesses of my body
to
complete
me
whole
Wednesday, 23 September 2015
ek is maar net 'n surrealistiese rekwisiet
my kop verloor haar sinaptiese konneksies
is dit die wit wyn wat ek met my aandete gedrink het?
is dit my menstruasie?
is dit maar net mens-moegte wat my oorval?
die dun velletjies onder my oë is swaar
ek kyk hoe die ink uit die pen vloei om
woord en sin te maak
ek voel afgesny van my hand
dit is soos 'n film wat voor my afspeel
ek skryf maar dit is nie ek wat skryf nie
dit is 'n wonderlike ervaring om te hê
die woorde vloei moeiteloos uit die pen
my tong roer simpaties binne die holte van my kakebeen
voel-voel aan die spraak van die woorde
tog maak ek geen klank
ek is maar net 'n surrealistiese rekwisiet
in hierdie lukraak rankskikking van woorde
wat met hulle eie marionet-maniere
my verkakte serebraliteit uitdruk
Wednesday, 16 September 2015
it is yours
what if i have not created this poem?
what if you, dear reader, are the creator
imagining this poem within the iridescent figments of your mind?
yóú are composing the metaphors the rhythm and the rhyme
it is actually you through whose spit these words slice
i am not standing here writing this poem
if you see someone other than you writing this poem
then well done to your runaway imagination!
these syllables breaking open in your eyes
are the lights in your synaptic genius
it is not i who have written this poem
your neurolinguisticality
is helixing this poem together
making you smile that smile that only a poem can make you
smile
stand up and be counted as the one
who have thought out this piece of poem
fuck do not blame me for this poem
it is yours
take responsibility for it
as soon as you have owned up to it
take it in both your hands and run with it
take it in your mouth and shout with it!
Monday, 14 September 2015
do you know?
do you know
how many times i dissolve
before i rise up anew?
how many times i shrink
before i swell out in confidence?
how many times i melt
before i feel my soul alive?
how many times i cry
before i laugh out loud?
how many times i shy away
before i raise my voice?
Saturday, 12 September 2015
why live with eyes open?
i close my eyes
let the poem sit on
the dark insides of my eye-lids
the syllables swim around the floaters
both wriggling in
their rhapsodic spasms
their rhapsodic spasms
as i open my eyes
the day’s light
is too bright
why live with eyes open
if i can have these dancing visions
behind closed eyes?
Friday, 11 September 2015
skermpie-lewe
almal voor hulle skermpies
flikker al die apps,
nuus, fotos, updates en
verwoede lyne in die eter
wat ten alle koste
gekonnekteer MOET bly
wat de hel soek ek op die kruin van die berg
in die vryste oopste lug
as ek die hele wêreld in
my handpalm kan hou?!
NEEEEEEEEEEEEE!
dit is net skermpies, duime
tone senuweeagtig tikkend op die vloer
strak en siellose frons in die oë
wat kan meer verdoemend wees
as hierdie skermpie-lewe?!
Thursday, 10 September 2015
the urgency is burning
the urgency is burning
my flesh is trembling
how can i stay sane in these days
where one’s voice is scarcely heard
my nerves stand on end
how can i stay focused
when all the energies of people
mill around me?
i feel trapped in this labyrinth
losing my mind
ánd my creativity
i can only see as far as this poem
- it sits ninety centimetres from my eyes -
how sad that i do not see any further
but in the next blink
i see beyond this blinding page
right into the shining metaphor
that is strung around my tongue
and suddenly
i can
breathe
into
infinity
my flesh is trembling
how can i stay sane in these days
where one’s voice is scarcely heard
my nerves stand on end
how can i stay focused
when all the energies of people
mill around me?
i feel trapped in this labyrinth
losing my mind
ánd my creativity
i can only see as far as this poem
- it sits ninety centimetres from my eyes -
how sad that i do not see any further
but in the next blink
i see beyond this blinding page
right into the shining metaphor
that is strung around my tongue
and suddenly
i can
breathe
into
infinity
Wednesday, 9 September 2015
bloei
my
vrouensingewandes skeur en bloei
klokslag
elke maand
met
dit kom die emosies
die
knaende pyn
my
hele lyf tril teen ‘n frekwensie wat
my
so hoog en moeg tegelykertyd maak
elke
maand dieselfde storie wat haarself herhaal
daar
is selde verandering in die lyding
- die ongemak, die malkoppigheid -
dit
het ek nou na twintig jaar aanvaar
as
biologiese imperatief
ek
sluk warm water met
suurlemoen
en heuning om
die
styf gespande senuwees en spiere te kalmeer
ek
sit met my lyf in die son
my
hart huil-smeek dat die onbeheersde bons
van
my hart stil sal word
en
die bloei gou tot ‘n einde kom
sodat
ek lewendig en nuut weer kan opstaan
Monday, 7 September 2015
Thursday, 3 September 2015
in die geselskap van die wysgieriges
in die geselskap van die wysgieriges
die rigtingaanwysers
die sielverrykers
die spekuleerders
kyk ek in elk van julle se oë
probeer pyl wat julle sien
wat julle dryf in hierdie rigting
sien ek baie passies
kyk julle in mý oë
en soek ook iets
in my
al wat ek kan gee
is liefde
fokkin baie liefde
ek wil net lief wees vir julle
nie omdat want hoekom nie
net
lief
wees
vir
julle
Wednesday, 2 September 2015
en in die nag het ons ledemate mekaar gevind
en in die nag het ons ledemate mekaar gevind
by mekaar se voete het ons begin
en deur komberse klere en hare
het ons geprogesseer na
ons sagter en natter dele
die aanraking was soet
die ontdekkingsreis oor vel-landskappe het
my diep laat sug van
my hart wat so lekkerkry
deur die hunkering na leerkenning
deur die borrels van fassinasie en
bewondering van jou liewendheid
is dit dit:
die begeerte om onder die vel van
jou te kom
ek kan nie aan die abstraksie van jou vat nie
ek kan wel aan die waarheid van jou vel vat
Labels:
gedigte,
hart,
Kim Goodwin,
liggaam,
seksualiteit,
vel,
voete
Thursday, 27 August 2015
dit is elke keer begin by die begin
dit is elke keer begin by die begin
die blanke vlak wat elke keer
niksseggend my kreatiewe oorlewing uitdaag
is staar genoeg?
ek balanseer die pen op die toppe van my
vingers
ek staar diep binne
hierdie breindoodse verwyling
van tyd
Wednesday, 26 August 2015
ring ring ring in the sound
ring ring ring in the sound
make my skin quiver relentlessly
soothe the hard edges around my heart
ring ring ring in the sound
bring me to the heart of the harmony
where i shall find the answer to this
ring ring ring in the sound
lay the resonance on my skull
and sing into my mind
ring ring ring in the sound
oh how my heart trembles with delight
bring bring bring out the tears
i wish for bells,
birds' throats,
wind through grass
and soft satisfied sighing
i wish for silence too
for it rings in the perfect cadence
after all of this
Monday, 24 August 2015
soos naels
die poësie groei stadig en geduldig
soos naels
en soos naels is poësie daar
om die jeuk te krap
en al gaan die lyf dood
die naels bly groei
like nails
poetry
grows slow and patiently
like
nails
and
like nails poetry is there
to
scratch the itch
and
even when the body dies
the
nails keep on growing
Thursday, 20 August 2015
colour red
die hond hardloop deur die strate
tot in die katedraal
akoesties is die toneel treffend
my dog ran away
resoneer deur Gods-hof
Rita die hond moet besluit
tussen bitter man
en mooi vrou
die Franse se doodluiterse dialoog
i want nothing
then stop breathing
good idea
spioeneer op die bure se
telefoongesprekke
hy gooi die kookwater sekuur
vanuit die ketel op die vloer
skiet sy kruisband teen sy bors
ek
hoor die sluk in haar slukpyp
wat ‘n mens weet van ander mense en reageer
of nie reageer
hy was ‘n regter en fel geen oordeel
meer
hy druk die pen stukkend teen die papier
kougom sit vas in die slot
hy wil nie glo wat sy sê
dring aan op sy suspisie
oorfone hang met opera-sillabes in die
lug
die bitterheid los op met
die geboorte van sewe hondjies
al wat hy soek is skadelose geselskap
in die
skuldige oomblik brand die gloeilamp uit
Wednesday, 19 August 2015
oer-sprong
ek het niks nuuts om te sê nie
moet ek dan net ‘n spieël wees
wat ‘n honderd ander spieëls reflekteer ad infinitum?
‘n kwakende padda wat al die ander
kwakendes nakwaak?
‘n pappegaai wat briljant is met
na-praat?
‘n krans of grot wat kop-en lyfloos
net agterna eggo eggo eggo eggo
en niks oorspronklik vanuit sy eie diep
binnekant kan sê nie?
god weet, ek wil die stem wees en nie
die eggo nie!
ek wil die bemagtiging van voorloop en
vryheid weer voel
die swier van eie krag
laat ek altyd op die punte van my tone
wees
op die punt van my tong
en gereed om in
die oer-sprong-likheid van
die Woord
te spring
die Woord
te spring
Labels:
ars poetica,
gedigte,
kreatiwiteit,
oer,
stem,
tong
Tuesday, 18 August 2015
diep daar onder is ek jy
diep daar onder is ek jy
en jy ek
die goue lyn wat ons bind
is sterker as spierkrag
magtiger as kopkrag
dit is nie verbeelding dat
diep daar onder jy ek is
en ek jy
die lyne wat ons bloed teken
skryf in ‘n taal
en jy ek
die goue lyn wat ons bind
is sterker as spierkrag
magtiger as kopkrag
dit is nie verbeelding dat
diep daar onder jy ek is
en ek jy
die lyne wat ons bloed teken
skryf in ‘n taal
wat poësie uit ons are laat straal
diep daar onder
hoef ons nie te praat
hoef ons nie te sien
diep daar onder is ons nie normaal
maar wel bo-normaal
ja, daar ver onder
is ons suiwer mens
suiwer siel
soms neem dit 'n diep sny
om diep te tref
en tot by die essensie te kom
die diepte maak my o so hartstogtelik huil
want die diepte is so 'n raar ding
ons skroom,
kry skaam
vir daardie diepte
daar is geen keuse
die diepte is daar
om in te staan
en te groei
dieper en dieper
hoe sterk ookal die winde teen my waai
hoef ons nie te praat
hoef ons nie te sien
diep daar onder is ons nie normaal
maar wel bo-normaal
ja, daar ver onder
is ons suiwer mens
suiwer siel
soms neem dit 'n diep sny
om diep te tref
en tot by die essensie te kom
die diepte maak my o so hartstogtelik huil
want die diepte is so 'n raar ding
ons skroom,
kry skaam
vir daardie diepte
daar is geen keuse
die diepte is daar
om in te staan
en te groei
dieper en dieper
hoe sterk ookal die winde teen my waai
ek sal my grond bly staan
diep daar onder is ek jy
en jy ek
die goue lyn wat ons bind
is sterker as spierkrag
magtiger as kopkrag
dit is nie verbeelding dat
diep daar onder jy ek is
en ek jy
die lyne wat ons bloed teken
skryf in ‘n taal
en jy ek
die goue lyn wat ons bind
is sterker as spierkrag
magtiger as kopkrag
dit is nie verbeelding dat
diep daar onder jy ek is
en ek jy
die lyne wat ons bloed teken
skryf in ‘n taal
wat poësie uit ons are laat straal
Monday, 17 August 2015
maar net mens
ek huppel vlugvoetig oor die klippe
met die ou tannies se sing-alongs
helder ingekleur
in my gemoed
hoe de donner moet die groen onder my
eie voete groei as ek die heeltyd om een plek staan?
die gras sal mos verdor!
al gedra ek myself hoe,
dis altyd so moeilik om my wispelturigheid
hok te slaan
ek verpes verleentheid
en donder, hoekom sit geleentheid
so na aan verleentheid?!
ek hou van die grond onder my voete
dis kaalvoet wat my leer om die weerstand te laat vaar
en net te staan
voete klou vanself
moenie my opinie deesdae vra
want ek forseer so dikwels om nie saam te stem nie
drapeer die winde van weerstand om my
my vel sal wild wapper
en die duiwels op my skouer sal grinnik
onmiddelike lewegewendheid sit
hier in my asem
hoekom nie mildelik asem skep
duisend keer per dag
ek sal 'n paar muggies insluk
maar meer suurstof in die longe
sal verseker 'n magtige sin-dikaat
van helder gedigte skep
ek sal die spel van die lewe ook beter speel
ek hou van krismis-tyd – die neute skyn
meer goud en brons as gewoonlik
die strikke maak my tone krul van krismis-plesier
en die allerlei koekies gepak in hulle blink blikke
bulder skaamteloos die vretende tering van
die verorberende verbruikers
deur die kunsliedere wat deur
my vingers sypel
word my verwarring gesus
en kan ek weer helder dink
Friday, 14 August 2015
white moths
suddenly my arms do not want to lift
they refuse to wave to anyone
they refuse to raise in joyful salute
they refuse to swing in dance
my joy
my movements
my freedom
cocooned in the pits of my arms
yet i never forget the feeling
of flying with arms open wide
i can and will not forget
because the wings,
though now willfully immobilised,
will never stop rustling, budding, throbbing,
tingling, pulsing,
quivering in anticipation to
quivering in anticipation to
spread open in flight
one day my arms will rise again
and the white moths
will
fly
free
Thursday, 13 August 2015
digter-digter
ek
speel met die tikbord
heen
en weer rankskik ek
die letters en
woorde agtermekaar
ek
wil hierdie spel bemeester
in
die hoop dat die gedigte
die
apoteose van
verheerlikende
kuns sal bereik
sodat
ek kan glo ek kan
digter-digter
met oortuiging speel
Wednesday, 12 August 2015
eenvoudig
diep in
die binnenste ruimte
van die hart
klou die uitmergeling
die ootmoed
die verleentheid
die spyt
die weemoed
die verlange
vlak op
die buitenste ruim
van die vel
bly
die
son
eenvoudig
skyn
Tuesday, 11 August 2015
vandag is die begin
vandag is die begin van
die res van my digterslewe
slyp my pen
rol my tong om en om
diep asems in en uit
al my sintuie op aandag
sluk die suurlemoenwater met
oordrewe peristalse
vat aan my nek
druk my hand warm en styf om
my slukpyp
voel die beurende lus van
die verborge woorde
smagtend om uit te breek en
die wêreld in te vaar
Sunday, 9 August 2015
do not talk down on me
do not talk down on me
because, let me tell you
i am as high as high can be
higher than a crown can raise me
higher than money can fling me
higher than a god can bless me
higher than drugs can make me
higher than learned speak can take me
so please, you are wasting your time
talking down on me
because i am as high as high can be
Friday, 7 August 2015
tragikomedie
ek
wil die humor van
hierdie penarie waarin
ek
verstrengel is uitsif
ek voel strak en styf
so verkrimp en onvry
ek voel strak en styf
so verkrimp en onvry
iewers
moet ek
die moedswilligheid van
my
gemoedere in
‘n komedie vasvang
daar
is niks so snaaks soos oor-ernstigheid
tog
is daar niks so tragies soos self-inkerkering
Thursday, 6 August 2015
dit is nie onmoontlik
sluit
die onmoontlikheid uit jou brein
dit
is nie onmoontlik om verandering te weeg te bring
wees
dapper en onbeskaamd
daar
is niks beter as om uit jouself te klim
en
in ‘n nuwe ruimte te loop nie
verbeel
nuwe horisonne
droom
van onontdekte grotte
daar
is iets ongerep aan jou selle
moet
nie jouself oortuig dat
alles
verbrokkel en verdorwe
moenie
glo dat lig verniet in jou oë blink nie
Subscribe to:
Posts (Atom)