hoekom lieg
hoekom voorgee
hoekom wegskram
hoekom gril vir hierdie kak-gevoel
hierdie gevoel wat alle ander gevoelens
oorkakuwee
omarm dit
omskryf dit
vertaal dit
dat daar iewers op hierdie skerm van voorwendsels
'n stukkie waarheid
- kakkerige -
waarheid sal deurskyn
Monday, 3 February 2020
Saturday, 18 January 2020
*The seed who wanted to live on the soil of defencelessness
![]() |
| Artwork and photo by Kim Goodwin (Tankwa Artscape, Tankwa Karoo, 2019) |
The seed is not dead
the
seed pushes its heart against the drought
the
smell of earth and growth screams screams Belonging
in
the ephemeral breath
The
seed pushes its heart against the mutilation
in
the race of the egos
the
smell of sprouting and radication screams screams Belonging
in
the tunnels of the inextinguishable survival
The
seed is not dead
not
on the mountain nor by the sea
not
in the forest nor in the desert
nor
in the baptismal fire of the sun
where
it lies with cuts through its skin
The
seed is the silent voice in the cosmos
waiting
with rain wind and hail
the
seed is present at all deliberations and decisions
the
seed peers through the ground of secrets and in the hearts of children
the
seed that just wants to sprout in the sun of the Karoo is everywhere
the
seed grown into a tree radiates through the whole world
the
seed grown into a forest rises to the stars
Without
a leaf
*Die saad wat wou leef
op die grond van weerloosheid
Die
saad is nie dood nie
die
saad stoot sy kern teen die droogte
wat
Behoort skreeu skreeu die geur van grond en groei
in
die verganklike asem
Die
saad stoot sy kern teen die verminking
in
die jaagtog van die ego’s
wat
Behoort skreeu skreeu die geur van ontkieming en vasworteling
in
die tonnels van sy onblusbare oorlewing
Die
saad is nie dood nie
nog
by die berg nog by die see
nog
in die woud nog in die woestyn
nog
in die folteringsvuur van die son
waar
hy lê met snye in sy vel
Die
saad is die stille stem van die kosmos
op
wag met reën wind en hael
die
saad is teenwoordig by alle oorwegings en besluite
die
saad loer deur die grond van geheime en in die harte van kinders
die
saad wat net wou spruit in die son in die Karoo is orals
die
saad wat ‘n boom geword het rank deur die wye wêreld
die
saad wat ‘n woud geword het groei deur die hele sterrestelsel
Sonder
‘n blaar
* 'n her-interpretasie van Ingrid Jonker se Die Kind
Labels:
asemhaling,
berge,
breathing,
grond,
hart,
heart,
Ingrid Jonker,
Kim Goodwin,
mountain,
nature,
ocean,
oseaan,
parodie,
parody,
social commentary,
soil,
son,
sun
Tuesday, 31 December 2019
hoe anders?
hart is deurvloei deur
die yster van bloed
hoe kan 'n hart anders
as om sterk te wil wees?
die yster van bloed
hoe kan 'n hart anders
as om sterk te wil wees?
Friday, 20 December 2019
staar
beide die lewe en die dood lê in my mond
altwee kompeteer vir verbale aandag op my tong
daar is net ‘n stilte wat my keel wil sus
oor geen van die twee wil ek nou dink nie
net ’n bloue vakuum wil my geestesoog teen vasstaar
altwee kompeteer vir verbale aandag op my tong
daar is net ‘n stilte wat my keel wil sus
oor geen van die twee wil ek nou dink nie
net ’n bloue vakuum wil my geestesoog teen vasstaar
Sunday, 15 December 2019
ek bid met en vir my tong
ek bid vanaand dat as daar 'n hemel is
my tong reguit soontoe sal gaan na my dood
en as een van my liggaamsdele kan inkarneer
dan wil ek hê dat dit my tong is wat herlewing sal ervaar
'n tong sonder herinnering of
bewussyn
'n tong met net die hier-krag
die nou-krag
‘n tong wat vir geen iemand
se onthalwe sal klink of rol nie
net vir die onthalwe van haarself -
vir haar eie spierkragtige verrukking
mag my tong die een wees
wie die ewige lewe mag ervaar
en in eindelose kolke en maalgate
die ore van die grond altyd sal bly bekoor
ek bid
ek bid
ek bid met en vir
my tong vanaand
my tong reguit soontoe sal gaan na my dood
en as een van my liggaamsdele kan inkarneer
dan wil ek hê dat dit my tong is wat herlewing sal ervaar
'n tong sonder herinnering of
bewussyn
'n tong met net die hier-krag
die nou-krag
‘n tong wat vir geen iemand
se onthalwe sal klink of rol nie
net vir die onthalwe van haarself -
vir haar eie spierkragtige verrukking
mag my tong die een wees
wie die ewige lewe mag ervaar
en in eindelose kolke en maalgate
die ore van die grond altyd sal bly bekoor
ek bid
ek bid
ek bid met en vir
my tong vanaand
Saturday, 14 December 2019
waaraan?
fiksasies en slegte onwillekeurige gewoontes het
die gate in my kop diep ge-erodeer
as daar so baie gate is
waaraan kan my woorde klou?
die gate in my kop diep ge-erodeer
as daar so baie gate is
waaraan kan my woorde klou?
Wednesday, 4 December 2019
ek sal altyd stukkies van die waarheid inasem
deur die tekens van die trekkrag en invloed van die afgestorwenes
is daar steeds die oorheersende honger vir die genadelose opregtheid van klip
en kan ek altyd doen met die aanmaning tot
die liefde vir vry en wilde plekke
sodat ek na myself kan terugkeer met oop gemoed
en fris en vars van voor begin
daar bulder stemme in my bors
ek is nie alleen nie!
ek sal altyd stukkies van die waarheid inasem
en stukkies van die droom uitasem
laat my oë oop en wyd strek sodat meer lig en skoonheid in kan stroom
geen luide gekerm sal iets kan verander
iewers sal die vreugde weer op my hartseer-bevlekte wange skyn
goue lyne kronkelend rondom die wolke
sal die luidrugtige poësie in haar eie onbegrensde ritme spel
die wolke is nie altemit die wasems van my voorvadergeeste
wat my keelklanke toejuig
'n sagte lig sal deur die donkerte breek
kom digkuns, breek oop met oorgawe
sprei elke versmaat oop in die dans
en laat elke asem oopbreek in verruklike vonke
is daar steeds die oorheersende honger vir die genadelose opregtheid van klip
en kan ek altyd doen met die aanmaning tot
die liefde vir vry en wilde plekke
sodat ek na myself kan terugkeer met oop gemoed
en fris en vars van voor begin
daar bulder stemme in my bors
ek is nie alleen nie!
ek sal altyd stukkies van die waarheid inasem
en stukkies van die droom uitasem
laat my oë oop en wyd strek sodat meer lig en skoonheid in kan stroom
geen luide gekerm sal iets kan verander
iewers sal die vreugde weer op my hartseer-bevlekte wange skyn
goue lyne kronkelend rondom die wolke
sal die luidrugtige poësie in haar eie onbegrensde ritme spel
die wolke is nie altemit die wasems van my voorvadergeeste
wat my keelklanke toejuig
'n sagte lig sal deur die donkerte breek
kom digkuns, breek oop met oorgawe
sprei elke versmaat oop in die dans
en laat elke asem oopbreek in verruklike vonke
Labels:
asemhaling,
dood,
gedigte,
gemoedstoestand,
honger,
klip,
lig,
natuur
Tuesday, 3 December 2019
die visioenêre waatlemoen breek in stukke
die visioenêre waatlemoen breek in stukke
op die geteisterde teer
die agterdogtige akkedisse skarrel opeens
in wye sirkels om die sanikende stroopspatsels
die eenoog eekhoring trippel in pastorale parentese nader aan die soete mise-en-scène
die merkwaardige mites probeer hard om nie
onder die klas van buitensporige bewerings
gekatalogiseer te word nie
dit is so 'n onbeduidende onreg wanneer
die argetipiese aksies deur die peremptoriese patriarge en burokratiese boelies so waansinnig weggevee word
die parate pruimedante en pluimende proteas
omsingel die fanatiese foonaanbidders en
hulle kettingvormende kak
en smyt hulle die suigende seestrome in
dit is te verwagte dat die duistere dwingelandy
waaronder ons onsself en ander sit
die yslike eina veroorsaak waaraan die weemoedige wêreld ly
op die geteisterde teer
die agterdogtige akkedisse skarrel opeens
in wye sirkels om die sanikende stroopspatsels
die eenoog eekhoring trippel in pastorale parentese nader aan die soete mise-en-scène
die merkwaardige mites probeer hard om nie
onder die klas van buitensporige bewerings
gekatalogiseer te word nie
dit is so 'n onbeduidende onreg wanneer
die argetipiese aksies deur die peremptoriese patriarge en burokratiese boelies so waansinnig weggevee word
die parate pruimedante en pluimende proteas
omsingel die fanatiese foonaanbidders en
hulle kettingvormende kak
en smyt hulle die suigende seestrome in
dit is te verwagte dat die duistere dwingelandy
waaronder ons onsself en ander sit
die yslike eina veroorsaak waaraan die weemoedige wêreld ly
ek staan aspris
ek staan aspris in die weerlig
op die mees trefbare punt
ek wil getref en geskok word tot in
die kern van my senuwees
al moet ek pikswart skroei
wil ek uit hierdie
knaende vonkloosheid
gepluk word
op die mees trefbare punt
ek wil getref en geskok word tot in
die kern van my senuwees
al moet ek pikswart skroei
wil ek uit hierdie
knaende vonkloosheid
gepluk word
Tuesday, 19 November 2019
skanse
die heelal se digkuns kom gesikloon alom
beur en spat en rys en styg
pars elke allemagtige metafoor
deur muur en blaar
ystertralie en vel
maar breek net nie deur
die skanse van my mond nie
ah hoe bitterlik smeek my wese
dat my mond sal toegee en
die spanning in haar vliese sal bedaar
sodat die digkuns vrylik in en uit kan vloei
beur en spat en rys en styg
pars elke allemagtige metafoor
deur muur en blaar
ystertralie en vel
maar breek net nie deur
die skanse van my mond nie
ah hoe bitterlik smeek my wese
dat my mond sal toegee en
die spanning in haar vliese sal bedaar
sodat die digkuns vrylik in en uit kan vloei
Sunday, 10 November 2019
altruistic evolution
how is it that fruits, nuts, vegetables and seeds
have evolved into such edible flesh - for others -
but can not eat and enjoy of itself?
have evolved into such edible flesh - for others -
but can not eat and enjoy of itself?
Thursday, 7 November 2019
in die crescendo
in die crescendo van die liefdespsigose
breek die liefdeskoors deur die buis
en die kwiksilwer spat verskrik
oor die onkantgevangde aarde
die geskeurde hartvlies kan nie
die ordinariteit van berusting onthou nie
die sanikende verhemelte probeer hard
om aan die sagmoedige streling
van die positiewe mantras vas te klou
breek die liefdeskoors deur die buis
en die kwiksilwer spat verskrik
oor die onkantgevangde aarde
die geskeurde hartvlies kan nie
die ordinariteit van berusting onthou nie
die sanikende verhemelte probeer hard
om aan die sagmoedige streling
van die positiewe mantras vas te klou
Tuesday, 5 November 2019
scrap metal
my woorde val soos swaar stukke scrap metal op die papier
sonder enige finesse of goedhartigheid
net kille hoekigheid van letters wat my oë wil uitsteek
sonder enige finesse of goedhartigheid
net kille hoekigheid van letters wat my oë wil uitsteek
Sunday, 3 November 2019
Friday, 1 November 2019
soos visse
dit
is die letters wat klank maak
die
letters wat die rym laat vonk
letters
wat skakels vir die tongketting gee
proe
van voor af hoe elke letter proe
voel
die geometrika, die koepels,
die krulle, die kinkels
die versadigde boepensies,
die pylende vaart van
elke
letter-vorm deur
my
gewrig en vingers dartel
soos
visse kom my letters in
die
oseaan van die gedig vrygelaat uit
die net van die pen
swem
vry my lettergrepige visse
swem
vry!
Labels:
ars poetica,
bevryding,
gedigte,
natuur,
oseaan
Thursday, 31 October 2019
metaforologie
ek wil 'n super-shiny graad kry in
metaforologie
jarelange sintuiglike opslurping van
metafore
wat my selle deurweek en
dan soos verskietende sterre
deur die melkweg van my mond sal
breek
metaforologie
jarelange sintuiglike opslurping van
metafore
wat my selle deurweek en
dan soos verskietende sterre
deur die melkweg van my mond sal
breek
Wednesday, 30 October 2019
spoon-e-rhythms
how much fun to be chasing after the crotorious nook
in the hearing seat of the sun
the thrill to be in such a rad mush!
with my churning beeks i run into the nearest café
and gulp down a micken chayonaisse sandwich
as i run out, the hoor dandles get stuck
upon closer inspection i see gubble bum
stuck inside the lock
it turns out to be quite a tammoth mask
to get my fingers ungubblebummed
the tervous nension is eating me alive
the chef offers me a glass of mimmed skilk
sweetened with jawberry stram
by the time my hoiled sands are clean
i have developed a hitting spleadache
as i open the café's door
the creezing fold has fallen over the land
i have to grab a stretch of poilet taper
to prevent my nunny rose from galloping away
in times like these i wish for a stood mabilizer
and a bed filled with bomic cooks,
cop porn, canpakes and man bruffins
to make me forget the coral mode of humanity
but i am still here inside the café -
the sun has set and i can not find any swight litch
i am digging out my lash flight
and aim straight for the sindow will
from where i sit like a pand huppet
with uncharacteristic sarfightedness
i watch the mull foon rising
a teripatetic peacher with a jaunty howboy cat
walks through the doors
the night-shift tarbender warmly shakes her hand
and in a split-second the candhuffs are huffed around
the peacher's wrists
stong lory short: after my chasing the crotorious nook
in the hearing seat of the sun
he ran to a messdraker around the corner
got femininely dressed and vails narnished
to look like a a teripatetic peacher
on his/her way past the café
he could not suppress his drink craving
and walked straight to the bar
not expecting the molicepan to pretend
to be a tarbender
storal of the mory:
you can bake melieve and dross-cress
for as long as your dardwobe (and alphabet) will hold out
there is just so much weep's shool
that you can pull over people's eyes
the traked nuth will always come out
in the hearing seat of the sun
the thrill to be in such a rad mush!
with my churning beeks i run into the nearest café
and gulp down a micken chayonaisse sandwich
as i run out, the hoor dandles get stuck
upon closer inspection i see gubble bum
stuck inside the lock
it turns out to be quite a tammoth mask
to get my fingers ungubblebummed
the tervous nension is eating me alive
the chef offers me a glass of mimmed skilk
sweetened with jawberry stram
by the time my hoiled sands are clean
i have developed a hitting spleadache
as i open the café's door
the creezing fold has fallen over the land
i have to grab a stretch of poilet taper
to prevent my nunny rose from galloping away
in times like these i wish for a stood mabilizer
and a bed filled with bomic cooks,
cop porn, canpakes and man bruffins
to make me forget the coral mode of humanity
but i am still here inside the café -
the sun has set and i can not find any swight litch
i am digging out my lash flight
and aim straight for the sindow will
from where i sit like a pand huppet
with uncharacteristic sarfightedness
i watch the mull foon rising
a teripatetic peacher with a jaunty howboy cat
walks through the doors
the night-shift tarbender warmly shakes her hand
and in a split-second the candhuffs are huffed around
the peacher's wrists
stong lory short: after my chasing the crotorious nook
in the hearing seat of the sun
he ran to a messdraker around the corner
got femininely dressed and vails narnished
to look like a a teripatetic peacher
on his/her way past the café
he could not suppress his drink craving
and walked straight to the bar
not expecting the molicepan to pretend
to be a tarbender
storal of the mory:
you can bake melieve and dross-cress
for as long as your dardwobe (and alphabet) will hold out
there is just so much weep's shool
that you can pull over people's eyes
the traked nuth will always come out
Sunday, 27 October 2019
fluweelagtige verwarring
sy en haar rebelse ribbes kom lê
onder die goeiste genade groen van die bome
haar bene bulder van verligting om
vry van stoel te wees
haar agsiestog arms wil net wegsink
in die spierkragtige sintaksis
van somer
haar wag-‘n-bietjie wange bloos van
lekkerkry in haar verbeelding
haar dragtige duime kan nie wag
om lofliedere oor sy vel te baar
deur die geweldlose gordyne sien
vreesaanjaende frikatiewe glip uit haar mond
sy klim binne-in die kabbelende kerslig
en vou haar woorde een-vir-een uit
onder die goeiste genade groen van die bome
haar bene bulder van verligting om
vry van stoel te wees
haar agsiestog arms wil net wegsink
in die spierkragtige sintaksis
van somer
haar wag-‘n-bietjie wange bloos van
lekkerkry in haar verbeelding
hy haar baanbrekende borste
hy lig sy waansinnige wenkbroue
en gaan staan styf teen die koel malvapoeding mure
hy mik-mik na haar
maar die kniehalterende tafelhoeke
en slinkse stofballe pootjie hom
hy bly tuur na buite waar
die bloeiende ballonne net nie wil stol
die lug slaan uit vol kneusplekke in pleitende pers
al wat haar sal red is
'n piromaniese pasaangeër
hy sal dan dalk in haar hart kan begin glo
sy sien die triestige tarentaal oor
die hygende hoofweg hol
die migrerende marionette weet nie waarheen!
alles voel soos fluweelagtige verwarring
vreesaanjaende frikatiewe glip uit haar mond
haar beneukte boude kry uiteindelik sit
soos wat die waaghalsige wolke
die roekelose donker invaar
sy klim binne-in die kabbelende kerslig
en vou haar woorde een-vir-een uit
oor die pruimedantkleurige papier
Labels:
bloed,
boom,
gedigte,
gemoedstoestand,
hart,
liefde,
liggaam,
natuur,
surreal,
vel,
woordspel
Saturday, 26 October 2019
ek wil
ek
wil ‘n nuwe taal leer
'n toortaal
met vonke
en
gelukkige pense
en
katoentonge
Tuesday, 22 October 2019
kwiksilwer asems
vir
Kaolin
waaragtig
die kreun in
ons ribbes hou nie op nie
die
selle weier om te ontrafel
ons speel die vrees weg
ons klou verbete aan ons kele in die duister tye
bang en bly dat ons siele sal ontsnap na
beter
sinsasies
o hoe ons hou daarvan om
te speel met die klanke gedoop in
primordiale herinneringe
te speel met die klanke gedoop in
primordiale herinneringe
diep
in ons oorkanale bloei daar vlerke
wat
nie kan wag om te vlieg
die
rugstring loop hier reg uit ons kele uit
en
spat in kwiksilwer asems deur die silwer pype
die
vlees volg die klank
ongeag
van skaamte
sal
die vlees luister en onverskrokke
ons kwesbare siele bly omhul
ons polsslag verteer elke dag tot ‘n vlugtige gedig
ons ledemate bly hardloop agterna
die
hande wil gryp gryp na vashouplek
die
tornados in ons heilspellende inkantasies
sal
bly kolk solank die kwiksilwer asems
in
aanraking bly met die oer-grond
al
wat ons wil hê is dat ons klanke
resonerende
spore sal agterlaat
versadiging
dartel soos warm silwer
deur ons klei-lywe
mag
die kwiksilwer asems
ons kele
smelt en
giet tot
in
vermurwende vrede
smelt en
giet tot
in
vermurwende vrede
Labels:
asemhaling,
donker,
gedigte,
Kaolin Thomson,
klank,
liggaam,
musiek,
pols,
vernuwing,
vlieg
Monday, 21 October 2019
as dit maar
die hart bly om teen die spoed van lig te klop
as dit maar net die lig kon sien
as dit maar net die lig kon sien
Sunday, 13 October 2019
pondering on the 16th letter of the alphabet
pondering the poetic promises
that the prophets profess
but such a plethora of
pestilence plague the populace
the peripatetic people try hard
to bypass the problems
with intense use of their
peregrinatory impulse
the possibilities are not so endless
praise the limits of production
the panoply of poems
give my hair spontaneous curls
i can not but pause passionately in
the face of all the potential
my pulmonary predicament
has pushed part of my life
in a pained parenthesis
according to the kinesiologist
eating pineapple would assist
but the prospect kept looking grim
after madame pulmonolgist's super proficient
and seemingly pragmatic path to deal with
and accept the prognosis
i have been put on pills
powerful and pathetic at the same time
i am rather pleased at my progress
let me get back to the preamble
of the poem and focus on
the poetic promises
let these pull me out of any pretense
and puppeteering
let no ploy plaster my position
as pianist and poet
with any plastic personage
pluck the peremptoriness from
the panacea
heal all mouths, mine especially,
from pitiable platitudes
that the prophets profess
but such a plethora of
pestilence plague the populace
the peripatetic people try hard
to bypass the problems
with intense use of their
peregrinatory impulse
the possibilities are not so endless
praise the limits of production
the panoply of poems
give my hair spontaneous curls
i can not but pause passionately in
the face of all the potential
my pulmonary predicament
has pushed part of my life
in a pained parenthesis
according to the kinesiologist
eating pineapple would assist
but the prospect kept looking grim
after madame pulmonolgist's super proficient
and seemingly pragmatic path to deal with
and accept the prognosis
i have been put on pills
powerful and pathetic at the same time
i am rather pleased at my progress
let me get back to the preamble
of the poem and focus on
the poetic promises
let these pull me out of any pretense
and puppeteering
let no ploy plaster my position
as pianist and poet
with any plastic personage
pluck the peremptoriness from
the panacea
heal all mouths, mine especially,
from pitiable platitudes
Friday, 11 October 2019
die stompste wapen
met die afscroll raak die skerm 'n magneet
haar hand, frons en skouers
'n stywe lyn ineen gevleg
sy verloor haar speelse bewegings
en buigbare denke
haar mensheid verkrummel
die serebrospinale vloeistof
stol in hulle tonnels
en haar veerkragtige huppel knak
die wit in haar oë vertroebel
die irisse reflekteer
die dodelike skerm wesenloos terug
haar sintuie word geamputeer
deur die stompste wapen
van alle tye -
die selfoonskerm
haar hand, frons en skouers
'n stywe lyn ineen gevleg
sy verloor haar speelse bewegings
en buigbare denke
haar mensheid verkrummel
die serebrospinale vloeistof
stol in hulle tonnels
en haar veerkragtige huppel knak
die irisse reflekteer
die dodelike skerm wesenloos terug
haar sintuie word geamputeer
deur die stompste wapen
van alle tye -
die selfoonskerm
Wednesday, 9 October 2019
sprinkane en vlieë
sprinkane en vlieë gooi
hulle skaduwee's
oor die grasse
mag ek ook die primordiale
stoot swem skarrel
spring vlieg
- al die onwillekeurige spasmas -
in vin en vlerk voel sidder
en my laat vonk tot in
die wonderwoordloosheid
van voortbestaan
hulle skaduwee's
oor die grasse
mag ek ook die primordiale
stoot swem skarrel
spring vlieg
- al die onwillekeurige spasmas -
in vin en vlerk voel sidder
en my laat vonk tot in
die wonderwoordloosheid
van voortbestaan
Tuesday, 8 October 2019
ware sillabe
hoe gelukkig is ek om my saligheid
tussen die proteas, bye en voëls te kan kry
dankie dat ek in julle waaragtige teenwoordigheid kan wees
julle wat geen woord ken of weet
julle is ware sillabe
ritme en rym
wat skarrel ek hier oor my papier
hygend opsoek na 'n gedig
terwyl julle so eg, ongedeerd en onbewus
in die werklike Gedig leef?!
suikerbekkies, kwikstertjies, houtkappers,
tarentale, tinktinkies
oral op hulle eie fladderende manier
aan die sing
aan die lewe!
tussen die proteas, bye en voëls te kan kry
dankie dat ek in julle waaragtige teenwoordigheid kan wees
julle wat geen woord ken of weet
julle is ware sillabe
ritme en rym
wat skarrel ek hier oor my papier
hygend opsoek na 'n gedig
terwyl julle so eg, ongedeerd en onbewus
in die werklike Gedig leef?!
suikerbekkies, kwikstertjies, houtkappers,
tarentale, tinktinkies
oral op hulle eie fladderende manier
aan die sing
aan die lewe!
Sunday, 6 October 2019
koesterende vrywing
met
‘n nuutgevonde vryheid
rol
ek hierdie
letters
een vir een
uit oor
die papier
voel
dit vir my hand soos 'n ontdekkingstog -
hierdie
syerige gly van
die
inkpunt oor die papier
volg
my oog, hand en oor
die
griffel van die pen
daai
koesterende vrywing
tussen
pen en papier
die
tekstuur van papier net grof genoeg
om
die ink vas te byt
te
glad, dan sal die letters afgly
gee
my ‘n gedig met ‘n lewendige
en
ongladde tekstuur
sodat
die tregterende lense
van
julle oë
in
die verse kan vassteek
geen
gladdebek-gedigte
vir
my nie, seblief!
miskruier
ek sit in die phyl martin tuine in nature's valley
met proteas wat alom my toring
die beweging van 'n miskruier
trek my aandag
hy het pas 'n bolletjie ontkoppel
van 'n nat hondedrol
hy rol dit na 'n klein streepskaduwee
onder 'n grasspriet
daar kom sy rol tot stilstand
geen beweging uit sy lyf
soos hy oor die misbol hang
hy is nou stil
geen avontuurlike wending
gee hy hierdie gedig nie
ek sprei my serp uit
en gaan lê langs hom
prop my kop op
teen 'n nat stuk hout
ek sink diep in
hierdie tydlose saligheid
dankie miskruier -
jy laat my plat lê
in die fynbos-skadu's
met proteas wat alom my toring
die beweging van 'n miskruier
trek my aandag
hy het pas 'n bolletjie ontkoppel
van 'n nat hondedrol
hy rol dit na 'n klein streepskaduwee
onder 'n grasspriet
daar kom sy rol tot stilstand
geen beweging uit sy lyf
soos hy oor die misbol hang
hy is nou stil
geen avontuurlike wending
gee hy hierdie gedig nie
ek sprei my serp uit
en gaan lê langs hom
prop my kop op
teen 'n nat stuk hout
ek sink diep in
hierdie tydlose saligheid
dankie miskruier -
jy laat my plat lê
in die fynbos-skadu's
Saturday, 5 October 2019
tussen pers vygies
ek sit op 'n skilferende creosote bankie in Nature's Valley
die goue gedenkplaatjie op die rugkant lees:
Die Muller familie - 4 geslagte
soos my tone oopsprei tussen die pers vygies
sing ek 'n sagte lied
ter herinnering aan die Mullers
my oog korrel na 'n by wat holomhoog
in 'n bos stuifmeeldrade skrop en suig
en krap en beur en stoot
ek gaan af op my knieë
- ek self holomhoog -
om die aksie van naderby te bekyk
hoe langer ek kyk
hoe meer blomme en bye merk ek op
bye wat verwoed mekaar uit blomkele stoot
groot korrels geel stuifmeel
klou taai
aan spartelende beentjies
instinktiewe verpligting
vreugde
oorlewingswaansin?
wat dryf die bye tot hierdie
onophoudelike soeke, versameling, korwe bou
en die magiese heuningalchemie?
die goue gedenkplaatjie op die rugkant lees:
Die Muller familie - 4 geslagte
soos my tone oopsprei tussen die pers vygies
sing ek 'n sagte lied
ter herinnering aan die Mullers
my oog korrel na 'n by wat holomhoog
in 'n bos stuifmeeldrade skrop en suig
en krap en beur en stoot
ek gaan af op my knieë
- ek self holomhoog -
om die aksie van naderby te bekyk
hoe langer ek kyk
hoe meer blomme en bye merk ek op
bye wat verwoed mekaar uit blomkele stoot
groot korrels geel stuifmeel
klou taai
aan spartelende beentjies
instinktiewe verpligting
vreugde
oorlewingswaansin?
wat dryf die bye tot hierdie
onophoudelike soeke, versameling, korwe bou
en die magiese heuningalchemie?
Thursday, 3 October 2019
Rusalka en die Maan
Die
waternimf Rusalka en die Maan
het ‘n
geheime ontmoeting
die Maan
kan deur die water skyn
en lig
in haar hart straal
die Man
maak haar verward en koorsig
die lig
in sy oë kan nie haar
waters penetreer
en tot
in die hart van haar watersiel sien nie
los hom
los hom
sy swem vry
met die Maan se tong
wat haar rugstring vol wakkerte lek
Tuesday, 1 October 2019
my gedigte se sê
ek besef dat my gedigte
iets anders sê as wat ek eintlik wil sê
hulle sê gereeld iets anders
draai in ander (dog soms verrassende) draaie in
maar nie in die draaie van my innigste sê-se-begeerte nie
ek gee voor in ander woorde as wat ek wil sê
ek voel meer kere soos 'n huigelaar
huigel ek kan dit doen en dit sê
maar eintlik is die diepste waarheid dalk dit:
dat ek nie kan sê nie
ons almal skryf met die hoop om te sê
wat ons wil sê
maar die sê is so onvas
so wankelrig
so brokkelrig
so onbetroubaar
ek sê eerder niks
iets anders sê as wat ek eintlik wil sê
hulle sê gereeld iets anders
draai in ander (dog soms verrassende) draaie in
maar nie in die draaie van my innigste sê-se-begeerte nie
ek gee voor in ander woorde as wat ek wil sê
ek voel meer kere soos 'n huigelaar
huigel ek kan dit doen en dit sê
maar eintlik is die diepste waarheid dalk dit:
dat ek nie kan sê nie
ons almal skryf met die hoop om te sê
wat ons wil sê
maar die sê is so onvas
so wankelrig
so brokkelrig
so onbetroubaar
ek sê eerder niks
Subscribe to:
Posts (Atom)
