Thursday, 1 November 2018

die gekartelde wensdenkery

die gekartelde wensdenkery laat die vel jeuk
van ongeduldige komeet-stert-sparteling
wie het lus om nors te wees as daar soveel druppels
oor die aarde galop?
mense is maar net aspris om die euforie te besmet
met hulle gladdebek verskonings

die kraai verspil sy gesteelde juwele in die wind
oral spring vingers die lug in
en gryp gryp gryp
en met aandete word daar gekloek om die
glibberige vondse wat net nie wil tuisvoel in die hande nie

voel die kastaiing ooit voltooid in sy mildelike
groei van pienk bloeisels?
hoekom vra ons dit van natuur –
om iets te voel?
die kompanjie van ons maplotter-koppe
dink en voel onsself gedurig binne-in die van ander
ag ek moet seker meer simpatiek wees
want is dit nie wat ons soek nie –
meer barmhartigheid?

die gepantserde beslissings smee met akkurate fokus
al die kosbare metale tot een verboureerde leermag
hoekom word hierdie aksies alewig bekroon en nageboots?
ek kan net kners op my tande
en hoop al hierdie sjambolika bedaar
in die harte van die onstuimige kansvatters

deur die glaserige oë van die skilpad sien ek
die heliks van ons tyd
spin en spin en spin
mag die spin sy rigting verander
die ongurigheid uitsif en
die skurwe psige skoon spin

deur dit alles word die reisbiljette
in miljoene kopieë nogsteeds uitgedruk by die drukkers
en wee o wee die vliegtuie probeer hard
om die globalisasie vasgegom te hou

die selekant kom skril uit die donker tonnels van
ons verlede gegil
hoe imposant moet die wêreld vir hom nou lyk
wanneer is dit klaarpraat met die verwaande oortuigings
wat so selfvoldaan oor die landskap slenter?

maar die slange sal bly vervel en  
krul van plesier
sekere ritmes ken nie belemmering en kniehaltering
dit sal bly pols en sis en stoom
al is die bastion van ons taal al so uitgetrap deur
die wilsmoedige tonge
bly praat
sal ons bly praat
en bly skryf
sal ons bly skryf
die strewe om aan ‘n doelgerigte skepping
geboorte te gee
is nie te versmaaie nie

Saturday, 27 October 2018

olfaktoriese plesiere

            vir Paul & Glenn

ek hou elk van julle persente

wiegend in die holte van my hand
en druk elkeen styf teen my neus

die skil van die meyer suurlemoen krap ek oop met my naels 

en ruik die soele aroma breek deur 
die selle van hierdie geel wonderwerk

ek spuit die clarins parfuum op my voorarm 
en raak in 'n beswyming van 
die sag-soete blommereuke

die chinese porselein koppie laat ek klingel met genot

ek laat my neus diep verdrink in die blou blom-patrone
ruik ek meesterlike vakmanshande deur die koue glas 

en laaste maar nie die minste is die tuisgebakte rogbrood

keurig gegeur met karwysaad wat my op 'n verbeeldingstog 
wegvoer na diepnat en donker duitse woude 

glinster my neusgate van plesier vandag

hoe kan een enkele mens so gelukkig wees om 
so baie wonder-reuke in een dag te ontvang?!

Monday, 8 October 2018

digtatorika

ek smeek digtatorika om my oor te neem
en die eng regering in my kop
omver te werp

ek wil oorweldig word 
deur die grootste magtigste digtator
wie geen ruimte laat vir prosaika
en leëkoppige onbenullighede

ek gee volle toestemming dat
die digtator my liggaam
her-skeleteer
en die nuwe digkuns tot 
in 
my 
murg 
blaas

Saturday, 29 September 2018

groei en rym

in my moegster moegte sal ek 'n gedig skryf
al moet my kop in semi-droomland begin dryf
dis mos 'n kans om in wakker én slaap die fokus te behou
en die skoonheid van die oomblik met 'n pen in die hand te aanskou

mag die kunstenaar nooit sê "ek hardloop uit tyd"
ag nee man, dit is geen woorde van jolyt!
as digter moet jy verse kan maak uit die sekondes van die klok
daar is regtig geen ding wat jou kreatiwiteit sal kan inhok

verbrand die grense in jou kop! breek die slotte oop!
dit is nou die tyd om jou wese tot ongegrendelde essensie te stroop
staan op en swaai jou arms hoog en ver
jou verse sal groei en rym tot die blinkste ster

Tuesday, 25 September 2018

pluk die ryme soos appeliefies


pluk die ryme soos appeliefies uit die bos
ryg hulle soos sonskynige sonne deur die papier
laat die verse stadig en groen groei soos mos
wat jy oor jou honger tong kan gooi nes 'n karos

dit is 'n moerse vertroeteling vir woorde om so mooi te lê
met die berusting dat niemand hulle ooit sal kan ontsê
waaragtig! 'n gedig sal jy nooit kan ontskryf
soos 'n gretige bloeisel kom lê sy in jou lyf

so, bly die ryme pluk soos appeliefies uit die bos
sonder om 'n voet te lig sal die verse jou van engte verlos

Sunday, 23 September 2018

granaat

laat my weggaan op
'n tog ver buite my kop
verby die horison wat
my oë kan sien

kan ek my skedel oopvou
soos 'n granaat 
en die sade van my denke
laat spat en skitter waar hulle wil

Wednesday, 19 September 2018

...en dit is nie by wyse van (surrealistiese) spreke nie

die ewigdurende fantasie om
al die bene in my skelet soos dolosse
uit te strooi oor die grond
en dit weer te herbou tot 
'n splinternuwe vorm

dali en picasso staan opsy!
maak plek vir lara
se Hervorming

Tuesday, 18 September 2018

maak jou oë toe

maak jou oë toe
skryf hierdie beelde op
die binnekant van jou ooglede:
die gesig van jou moeder
die hande van jou vader
die reuk van ryp perskes
die wind op jou voorkop
die son op jou skaamhare
die roosmaryn gepars tussen jou duim en voorvinger
die knetter van vuur in jou ore
die taai streep heuning wat jy van jou voorarm lek

sonder verfkwas, tellie of foonskerm 
het hierdie vers 
lig 
in jou kop
gedig

Saturday, 15 September 2018

maklike eggo's

die kleurling-kele is onapologeties aan
die lewe vanmiddag
skrille sillabes tref die nokke van dakke
die son aanskou alles ongedeerd

die geesdriftige dialoog word al hoe harder

         ek lag in my mou
         ons wit mense se stemme so self-bewus 
         en verstrak met onbenullige inhibisies

hoe vry klink hulle volborstige stemme 
wat sulke maklike eggo's 
in die straat 
laat lê

Wednesday, 12 September 2018

draadwerk

uit die woesteny kom daar 'n sistemiese
raamwerk geskep
pype draadwerk kanale are
oor en weer
'n vervoer van noodsaaklikheid
'n onwrikbare oordrag van informasie
hierdie gedig is die hoeveelste afdruk in
die matriks
die ink-vloei 'n miniatuur replika
van sistematiese beheer en kolonisasie
verewig vasgevang in
die draadwerk 
van die tong

Monday, 10 September 2018

die ekheid is 'n fenominale vryheid

die rigiditeit van die rasionaliteit:
alewig dink en blokkig
in reghoekige begrip konstrueer
die begeerte brand kwaai
om onlogies, grensloos en koploos met
die digtatorika te toor

moet ek die anatomie van skedels en
atome ken om waardigheid aan
die skeppingsdaad te gee?

sekerlik kan my instinktiewe verbeelding
'n rol speel in die uitsnuffel van
poëtiese waarhede

'n goeie begrip het 'n halwe woord nodig

die ekheid is 'n fenominale vryheid
wat so mobiel allerhande jye kan ontmoet
almiskie! ek gaan hierdie ek
omdolwe en opklits
sodat ek soveel moontlike essensies uit
my ekheid kan distilleer
soveel potensiaal wat nie kan wag om
die ek verder en dieper in
die ek-splorasie in te stuur nie

Thursday, 6 September 2018

ergenis

as klippe aan hulle emosies 
kon uiting gee
dan sou hulle sekerlik 
ergenis wys oor
ons platvloersheid

Wednesday, 5 September 2018

soos wat die water die grond dreineer

soos wat die water die grond dreineer
sypel daar 'n hoopvolheid deur my rugstring
my kop is besig om die dag te verteer tot 'n gedig
my oë verdrink in die vriendelike lig wat
deur die vensters breek
hoe so een toneel my hele wese omkeer en uitkeer
totdat ek deel van die wolklandskap word
daar is nou niks ekstern of intern nie
alles is nou een en inmekaar
niks om weg te steek of af te loer nie
skamigheid het verdwyn
geheimenisse is nou 'n blootgestelde feesviering
die dans van die atome word sigbaar
ek skud my spiere deur die gordyne
die gedig stop hier want haar arms verander
in die vlerke van 'n skoenlapper op vlug
om al die verstotenes terug te roep na die kern

Monday, 3 September 2018

om op die tong van sylvia plath te sit

om op die tong van sylvia plath te sit
en met haar speeksel te meng
en die metafoor te voel drup
op my voorkop
op my borste
op my kuite ...
ah die wondersoetheid om binne in
die seëning van haar digterlike genialiteit
asem te haal

Tuesday, 28 August 2018

ruisende waters

daar is die sekerheid dat die soektog
die skerp invalshoek sal behou
sodat die belangstelling
en toewyding nie sal taan

solank bly ek glo in 
nuwe metaforiese ontdekkinge

die ink-riviere kronkel skraal
die dag sal kom wanneer hulle skouers
sal uitdein en die banke triomfantelik opstoot
om plek te maak vir die ruisende waters

Monday, 27 August 2018

an evening

raindrops coughing against 
the flower petals

serenity is the warm water-bottle 
between my feet

words falling under
the penumbra of
the hand

waiting 
for the heart
to quieten

silken cheek of my doll
lulls me to sleep

the clock hacks the evening air
into charmless chunks

Saturday, 25 August 2018

Friday, 24 August 2018

perfek deurmekaar

die digterlike bewussyn is gemosaiek 
soos bollende paisley druppels
wat 
perfek
deurmekaar
om mekaar bons

'n malle rapsodie van kinkels en kwinkslae
verwar die fokus
maar
mettertyd sal die oog inzoem
en sekuur
die digterlike objek eien

Tuesday, 21 August 2018

woord-krummels

kyk die woord-krummels wat ek
agter my gooi soos hansie en grietjie

in tye van verlorenheid
sal ek my oog op hulle gooi
en my pad terugvind na
die hart van sin

Thursday, 16 August 2018

ink-trails

Here is the last of the three poems I wrote this last week. 
I found the inspiration from a short story by the Argentine writer Jorge Luis Borges - The God's Script. In the story the Aztec priest Tzinacan is held captive by Pedro de Alvarado. After seeing a vision Tzinacan claims that there is a divine script of fourteen words (and 40 syllables in total) that will assure his freedom. 
The fourteen words are never revealed. He does not get released. 
I thought of my own fourteen words equaling 40 syllables and wrote these poems around them. 
Good practice for the verbal mind.

ink-trails
                          for james

sometimes the confidence 
inflates the letters
i have a suspicion that the words 
laugh at our mortality
their ink-trails often carry more 
than our blood-trails

there is just no way to find shelter and sleep
with this instinctive curiosity 
conflagrating in our minds

the ancestors have such a hard time 
keeping watch over us
especially with the emphasis on the I
they never thought that 
their tummies will turn with
such insatiable hunger 
that is caused by all their listening to
our incessantly wagging tongues

it is the togetherosity of the spirits
that sweeps up all the imperfections
and stores it in the great larder of wisdom

* * *
The fourteen words I chose are: 

confidence, mortality, shelter, sleep, 
instinctive, curiosity, ancestors, I, 
hunger, listening, tongue, 
togetherosity, imperfection, wisdom

Saturday, 11 August 2018

wisdom comes

          for james

wisdom comes when we embrace our imperfections:
in this we shall stand in togetherosity
until peace settles on our tongues

oh wonder, oh woe
our ancestors have left us with 
a glut of wealth and poverty

keep listening to 
the rich hunger between 
the you and the I

do not fear your curiosity - 
that is the whetstone that keeps your instincts
cutting a path through the obsidian forest

make generous place for sleep
for it shelters our eyes against the glaring reality
of our long-suffering mortality

it is good to learn 
to let go 
of all this bipedal confidence

come here, come lie down in the shade of these words
curl back into 
your silken surrendering self 

Thursday, 9 August 2018

without seeking shelter

          for james

without seeking shelter from that exposed ledge
look with confidence
your mortality straight in the eye

when you go to sleep 
may your instinctive curiosity 
breed liquid dreams 

you're not aware of it but 
the ancestors walk with you daily
it is not just the lonely I 

turn your hunger into listening 
your tongue will soften 
its desire to fill space

from a place of togetherosity 
will our imperfections 
move towards wisdom 

Monday, 30 July 2018

i have many meanings

i have many meanings
and relish in double entendres
don't think you can stop me 
embracing double messages and ambiguity
i have many intentions
i am fluid
i am changeable
i am seasonal
i am ebb and tide
why mean only one thing 
when i can mean many?
celebrate my contradictory nature
drink a toast to my paradoxical tongue
i am after all just a poetic being

Saturday, 28 July 2018

Thursday, 26 July 2018

ek bly loop op die aarde

ek bly loop op die aarde
opsoek na 'n opregte ars poetica

ek blaas my asem oor die pieke van berge
en raak net-net aan die bevryding wat 
die kleur van my bloed elke dag beloof

my kop dans oor die duiselige afgrond van die dood

dit is die droom wat 
die gemoedstoestand laat bly pendulum

die swaartekrag se gevangeskap
laat my nie die grond minder liefhê

ek klou verbete aan die herinneringe
van humor wat my identiteit sal 
verkwik met klanke van lag en skerts
want klip het mos ook lagspiere 
wat oor eone verewig is in 
die sediment van kreatiwiteit

aha die kuns is waaragtig om 
die liefde
die lig
en die liggaam
met oorgawe te vertrou
dit sal ons moederskap versterk en 
die sterre sal deur ons selle breek

ons siele sal in skaamtelose naaktheid
terug die natuur insmelt
en sodoende sal die oer weer vernuwe
en hoera! ons perspektief halsoorkop gooi

die pols versnel tot heling
ons moet nie vergeet van ons ritueel
en van ons seksualiteit

ons moet bly sing in ons slaap
sodat die smagting kan bedaar
en ons kan fokus op die son

ons stemme sal oprys in stilte
en verbasend sal almal ons hoor!

beskuldig my van surrealisme
ek gee nie om
want die tong is die nuwe sekondewyser 
gooi die woordeboeke weg
want die vel is aangestel as die nuwe vertaler

dit is nou die tyd om te vlieg
verder en meer volhoubaar as die mees manjifieke voëls
dit is nou die tyd vir vrede
wat deur alle vroulikheid sal vuur
ons sal uiteindelik die betekenis in 
die waters sien glinster

Tuesday, 24 July 2018

te veel realiteit

die wêreld bestaan uit net te veel realiteit
te veel vaste voorwerpe
‘n oorvloed van materie

ek hunker om al hierdie fisika af te skaal
die elemente is so in my gesig
ek begeer stukkies vakuum tussen my
en dit alles wat so tasbaar is

met tasbaarheid kom kwesbaarheid
kom vertering     wegkwyning
en siedaar                             verdwyning

aha! dit is mos waar ek wil hê
dit moet alles wees
shoop! inglip in die niet

Monday, 23 July 2018

spikkels van my siel

die soliede saamhoort en saamwees
van lyf, siel, bewussyn en energie
stukkies van elk bly agter na die dood
niks is ooit
totaal net weg nie
as stukkie lyf agterbly
bly daar ook stukkie siel agter

dit is hoekom ek sal bly skryf
iets van my lyf, siel, bewussyn en energie
kleef onverbiddelik aan my woorde vas
laat my woorde spikkels van my siel saamdra
so sal my siel die pad bly vind
in die chaos van die wêreld

Thursday, 19 July 2018

jaagtog van die kele

gedoriewaar die plante hou net nie op met rank nie
en dit terwyl so baie afgeleefde siele net
meer en meer verwese word
die soetheid van die verlange het 'n manier om
deur die rigiditeit van tyd te druk
daar skiet 'n snak van verligting
sodra 'n hart vertaal word
dit is nie die kilte buite maar die kilte reg hier
binne die tong wat die rillings veroorsaak

terwyl trollies deur die malls hinkepink
het die stoffasie by die huis die kans
om al die geheime in die huis uit te lap
goddank die verlepte blomme het nie oë
om die verdeeldheid te sien nie

die oortonnels is versper teen
die verstotenes se gille 
hoekom is daar soveel verbasing as
wegkwyning die orde van die dag word?

die jaagtog van die kele breek deur 
die eucalyptus se blare
die filantrope begin belangstelling verloor
in die kwellende mensdom
die betonblaaie het net nie dieselfde manier
om die goue skynsel van die son uit te straal
soos die uitspansel van die afrika veld

ruk die brandblussers van die mure
gooi hulle in die see
as die stad moet afbrand
dan moet dit
die wolkekrabbers gooi net te veel skaduwees
die son se taal sal ons 
beskerm teen 
die verdriet

Tuesday, 17 July 2018

kan ek ek wees en ‘n ander

puis-je être moi et un autre?
                - J. J Rousseau

kan ek ek wees en ‘n ander
gelyk?
saam wees
ek en ‘n ander
ek gelyk wees aan die ander
die ander gelyk wees aan my?
gelyk kyk
voel
asem
skrik
skryf
wakker
honger
?

kan ek ek wees en ‘n ander
gelykertyd
gelyk lyk?
dieselfde gesig
dieselfde hart
dieselfde lyf
dieselfde naam
saam
ek en ‘n ander
?

Saturday, 14 July 2018

mag my woorde toor soos kardemom

mag my woorde toor soos kardemom
heilspel soos komyn
brand soos rooipeper
sus soos kaneel
prikkel soos brandrissie
behaag soos neutmuskaat
en
bemoedig soos gemmer

Friday, 13 July 2018

Thursday, 12 July 2018

gegiet

vir Antjie Krog

haar siel is gegiet in 
die vorm van Poësia

- niemand het al die vorm gesien nie 
maar ons weet goed dit is daar -

net 'n paar siele kan smelt tot in
hierdie vorm 
sonder
om
te
kraak

Sunday, 8 July 2018

selfie

the excavation of the Self
the superficial i-xploration
from where this will to make
a photographic portrait of the Self?
the capture of the hero of your own story
the desire to be your own celebrity
the documenting, websiting,
blogging, tweeting,
facebooking and instagramming
of the Self and for the Self
the strange 21st century tendency to expose the Self
on the brickless walls of cyberspace

why do we want to sit in a cold photo-booth
to be captured by a machine?
it is so passé to be captured by bureaucratic eyes
and offered onto the lense of Big Brother
with drab and smileless faces
we will press the camera-button ourselves to
photograph our rehearsed smiles, why thank you!
how many extra centimetres our necks and arms will have to grow
we refuse to ask anyone to do it for us
we will do it ourselves, we insist

welcome the Selfie: where the Self is in control of the Self
 - we believe and hope so -
we want to be the rulers of our own fate
designers of our own roads
publishers of our own faces
we refuse to be automatons in
the soulless mechanics of existence
we will glow
we will be beautiful
we do not need catwalk-mouths to
pose and pout for us
we will smile our own smiles
and steer in our own direction
the time that we wait for someone to
choreograph our fate is long past
it is now the time that we empower our own lives
and it begins with 
the Selfie

Friday, 6 July 2018

vice verse

why have a verse full of virtue?
can i not pen one full of vice?
a vice verse -
confessions of jealousies
rhymes full of ill repute
greedy hands and venomous hearts
lying tongues and sweet deception

Thursday, 5 July 2018

horlosie

dit is die vreemdste fenomeen 
mense wat hulle horlosies so 
onbeskaamd en onbevraagtekenend
teen die mure laat pryk
en hoe afstootlik die tendens om
groter en nog groter horlosies uit te stal
elke sekond wat aftik kap 
die atmosfeer in groteske blokke
hoe onesteties en steurend
kan niemand anders dit sien nie?!

Wednesday, 4 July 2018

stridulate

i learnt a new word today:
stridulate -

(of an insect, especially a male cricket or grasshopper) make a shrill sound by rubbing the legs, wings, or other parts of the body together.

and i fly with its sizzling syllables
right into
the dusky corner of this poem

wooosssshhhhhhhhh

with resonant surety
the verses begin to rub against each other
and a soft vibration begins to spark the silence

stshshstshshstshshhhhhhh

the shrill frequencies move into an ever higher pitch
and soon a dervish of hissing and crackling
breaks through the seams of the stanzas

krrrrrrsccccckkkkkkchchchchchctjtjirrrrrrrrrrrr!!

what could the intentions be 
of these piercing oscillations set loose in this poem?
attracting mates or scaring off competition?

krrrrrrsccccckkkkkkchchchchchchchchtjtjtjtjrrrirrrrrrrrrrrr!!!!

the metaphor becomes agitated by this quivering word
the air is bothered and all ears try hard
to guard themselves against this wild metallic rasping

tjtjtjtjtjrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr!!

all high-pitched energy depletes itself sooner or later
the tones are losing their earsplitting edge
a hoarseness sets in

grhrhrhgrgrgrgrrrrrrrrrr

the strident angst can no longer hold
the stridulating pace relents
the sun sets and a stillness soothes the air

sssshhhhhh....