Thursday, 30 October 2014

hol eggo

ek tuur uit al die vensters
bang vir die donker man
maar altyd in die hoop dat dit
jy sal wees wat kom
en die stil holtes in my ore
weer vol sal sing

as jy weg is voel my mond soos ‘n hol eggo
wat ‘n afskuwelike verdoemenis
om met ‘n hol mond rond te loop
net my gesug eggo oor en oor daar binne
net my kreune wat verlore raak
in die donker grot van my keel

ek tuur uit al die vensters
bang vir die donker man
maar altyd in die hoop dat dit
jy sal wees wat kom
en die stil holtes in my ore
weer vol sal sing

ek bly skryf net sodat 
die mantras en inkantasies
van my sillabes my aan die slaap kan sus
en vrede in my hart plant
skryf ek net om die swart stilte
van die verblindende wit te breek

ek tuur uit al die vensters
bang vir die donker man
maar altyd in die hoop dat dit
jy sal wees wat kom
en die stil holtes in my ore
weer vol sal sing

Wednesday, 29 October 2014

word ek soos 'n dier

word ek soos 'n dier
raak al my herinneringe een poel
wat val in vergetelheid
eenvoudig soos 'n dier
hou nie gesprek met mense nie
slurp my kos op voor enige iemand
eens begin eet het
is ek soos 'n dier gestroop van gekunsteldheid
wil ek nie verfynd en beskaafd wees nie
wil ek nie groet 
wil ek nie vrae antwoord
wil ek geen sinmakende woord laat loop oor my tong nie
wil ek nie die normale proses van mens-werk en mens-leef veragsaam nie
word 
ek 
eenvoudig
soos 
'n 
dier

Tuesday, 28 October 2014

we are too weighed down by our ideas and our minds

we are too weighed down by our ideas 
our minds
our wants
our ideals
our habits and our fears 
our shames and our sighs

our minds are heavy
look how we all walk with our heads
trailing like heavy baggage behind us
they just can not keep upright anymore
all these orthopaedic concerns are because of
our heavy heads
i am surprised they have not exploded yet
thanks to all our smartphones, laptops and tablets
they carry a part of the great heaviness
of too many ideas
what would we have done if we could not steer
the overflow into these metal brains?
maybe because we have these metal brains
our fleshy brains just keep on churning the thinking
the computing
the inventing
continual stimulation between inorganic and organic matter

fuck this!
arch out our backs
lift our heads
and shake all the heaviness out
be light and empty 
feel the air move between our ribs
our diaphragms
and every cell
feel our feet 
losing touch with the earth
start to rise
and float to the lightness of the clouds

Monday, 27 October 2014

naelloop

ek kom met die trappe afgenael
ek kan nie wag om by die wit skerm en
die swart woord uit te kom nie
dis asof hulle my soos honger babas
roep dat ek hulle moet kom kos gee
abba
streel en
sus

Saturday, 25 October 2014

ek moet my kop op 'n daaglikse basis vertaal

ek moet my kop op 'n daaglikse basis vertaal
my selle genereer 'n taal wat ek nie kan verstaan nie
ek maak voorbrande al om my siel, my hart, my kop
om enige moontlike wegholbrande te keer
ek pak klippe in die vuur
en druk hulle styf in
die koue holtes van my hart
ek weier om te vries
mag ek die vaardigheid hê om
die aarde se fiaskos aan die kamferboom vas te maak
en myself daarna te sus met
al die kaste se wolkomberse

Friday, 24 October 2014

klou en wag


ek lê in die bed met 
‘n pen vasgeklem in my hand
en ‘n papier gekrater onder my elmboog
wagtend dat my drome heel moontlik
die pen sal vat en
die nag se poësie sal 
neerskryf in die hoop dat
die griffels die weg sal wys
en die rigting sal skryf binne-in
die stuk wit wat die kaart 
van my kreatiewe lewe sal uitlê

miskien
sal die swart rots
blink
in die reën en son
en tekens
sal die toekoms
helder in my oë
flikker

ek het geen probleem om te wag

pen in hand

‘n stille krag

Sunday, 12 October 2014

we touch right to the nerve

we touch right to the nerve
of each other’s bodies
we do it without cutting open
or seeing blood
we feel each other right to the marrow of the bone
we rock each other to our most neurological core
be kind in my deeds and words
it might be intangible and unseen 
but one rough word or unchecked gesture
can cut where more than blood will bleed

Friday, 10 October 2014

poëtika en pyn

               vir my pa, louis

met jou het ek ‘n selfoongesprek oor soprane
seer skouers 
warm water sakke
blokke ys
oudword en eensaamheid
en moenie vergeet
die nagtelike koninginne
en dit alles deur wisselvallige opvangs

tog 

deur die helder oomblikke
reis daar oor die dun en onsigbare lengte van die selfoonlyn
soveel poëtika en pyn

Thursday, 9 October 2014

they are calling the rain

every night i hear them
calling the rain
be it discipline instinct pattern
they are calling the rain
every day breaks with a dry and dusty wind
and still i hear them
full-throttled croaking
beseeching the rain
be it habit thirst desperation
we are all calling
for
the
rain

Wednesday, 8 October 2014

die lug van my rug

begin die dag met ‘n lang en diep inasem
vanuit die diepste put van
die helderste
en
skoonste lug
laat elke borrel lug my rugstring
trots en
regop
en met ‘n vol-vertroue-houding uit laat vou
laat die holtes tussen my rugwerwels self
die bron van suurstof en lewe wees
laat die lug die lug van my rug so erg begeer
dat die lug nie meer tevrede met homself is nie
maar kom drink van die lug van my rug
  

Monday, 22 September 2014

nuwe stem

met die vibrasie van hierdie nuwe stem
begolf ek die kuswande
van die gevestigde Ecca lande
en slyp ek skerp die snykant van my tonglem

met die sinsasie van tong teen tand
ril die rugstring van my verhemelte tot in die verstand
val ek halsoorkop oor elke sinsnede
vermallend opsoek na woordelike rede

totdat die kern van alle senuwees versinsualiseer
en geen tongval my sal keer
dat wanneer my stem gaan opstaan
my liggaam en siel agterna sal gaan

 *ek het vandag hierdie gedig van my herontdek. Dit is geskryf in 2008 en is die eerste gedig wat Ecca gepubliseer het toe ek lid word van hulle digtersgroep (die bundel Spaces, 2009). Dit is so lekker om 'n gedig van soveel jare terug te herlees en nog gelukkig met die inhoud daarvan te wees. Dikwels is ek skaam oor my jonger dae se digkuns, maar hierdie gedig het my nou verras en weer inspireer!

Friday, 19 September 2014

Let me not to the juncture of false hearts

Let me not to the juncture of false hearts 
Admit to trickery. Truth is not truth 
When it breaks when it breaking finds,
Or warps with the trickster to trick:
Oh no, it is in an ever-steady state,
That spots the masks and is not beguiled;
It is the sun to every seeking eye,
Who sees the light, although the quest never ends.
Truth’s not the world’s fool, though doubt and deceit 
Within its greedy claws comes.
Truth alters not with the mind’s knife and the tongue’s spear,
But lives it out even to the edge of sanity.
If this be error, and upon our instincts prov'd
The heart never lived, nor no light ever mov'd.

*I used the structure (and minimal quotation) of Shakespeare' sonnet 116 Let me not to the marriage of true minds to inspire this parody

Monday, 15 September 2014

geprogammeerde blomme

vir wat sal ek myself so
verstar in my blindheid?
myself verblind met my starheid?
in hierdie rare hoë-haakskoen oomblik
kom sit ek in die kar
weg van almal
die bruilofsbabbelry en geglimlaggery
is net te veel vir my
ek kom sus myself met die gly van die pen
haakskoene gegooi op die dashbord
wil ek net hierdie saterdag-middag
aan die slaap sus
met al die seëninge van ‘n veronderstelde jesus
met al die gefranchisede bruilofs-vereistes
die siellose seremonie-saal
die verblindende wit rok
en verkoekte strooimeisies
wil my hart net weghardloop
van al hierdie geprogammeerde blomme en gelukwensing
hardloop my voete na 
die hoek van die agterjaart vol leë stowwerige glasbottels
en geroeste draadstoele
niemand sal my hier vind nie
deur die rumoer is ek onsigbaar
oomblikse stilte en onmalheid

Thursday, 11 September 2014

that damned curtain!

you have seen that curtain on the aeroplanes
separating business from economy class
seemingly wanting to hide the rich from the not so rich
the comfortable from the not so comfortable

what the fuck!

i just don’t understand how 
a piece of blandly coloured fabric can separate
business from economy
i thought the two belonged together!

why the fuck?

how many of those curtains are out there
reinstating apartheid in the skies?!

the insurgency is burning hot inside of me
how is this piece of unsightly drapery going to prevent me from 
leaping from my tight economic seat to go pouncing 
right into the spacious luxuriousness of business class?

i do not mind that there are people who can afford
double the legroom and more degrees of seat recline
larger personal TV screens and premium food and wine service
amenity kits with socks slippers pajamas eye masks and toiletries
more privacy and increased cabin staff to passenger ratio
i do mind that curtain though
it is so starched with separatism
it spoils my enjoyment of the miracle of flying

i have been asked that if i could choose
on which side of the curtain i would like to sit?
my answer : not either
i will sit on the wing, why thank you
there where all the sky is my legroom
all the air is my nourishment
and all the clouds and coloured spectrums of light
is my in-flight entertainment

that curtain is obstructing my hopeful view of humankind
doesn’t anyone realise what a pitiable gesture it is?
it is disgusting how it stands in the way of progress 
fuck it! rip it down! rip it down!

these piddly little curtains only symbolise
narrowmindedness way over its sell-by-date
it is so incredibly hideous and abominable and offensive
so frightfully absurd, appalling and depressing
this classism just does not belong in the unbounded skies!
how can we allow this on the aeroplanes that cross
borders and bring nations and families together?!

i have been asked that if i could choose
on which side of the curtain i would like to sit?
my answer : not either
i will sit on the wing, why thank you
there where all the sky is my legroom
all the air is my nourishment
and all the clouds and coloured spectrums of light
is my in-flight entertainment

argh!! that curtain annoys the hell out of me
however the air-hostess keeps on 
tugging and pulling it shut
i can see right through it
call me a socialist, i don’t care!
i just don’t have the stomach for this sham
it is a masquerade of a vicious kind
all that the curtain does is to demonstrate
how mindlessly we are perpetuating shameless discrimination!
if the plane gets bombed or crashes, ALL will suffer the same fate
the curtain won’t then distinguish the rich from the not so rich
the comfortable from the not so comfortable

i will sit on the wing, why thank you
there where all the sky is my legroom
all the air is my nourishment
and all the clouds and coloured spectrums of light
is my in-flight entertainment

curtains belong on stages and
in puppet shows

this type of hiding and dividing makes me sick!
damn that curtain! rip it down! rip it down!
jubilantly cut it into a thousand pieces 
and throw it into the freedom of the winds

Thursday, 28 August 2014

uprightness

when
stick
will 
be 
called 
upon 
to
crutch
the 
fatigue
in
the
bones
let
the 
memory 
of 
the
last
uprightness
flower 
into
the
sky
and 
hurdle 
the
body
against 
the 
cringe 
the 
hunch
the
fall 
and 
shout 
out 
so 
that 
no 
one 
will 
walk 
past
without 
seeing
this 
willful
proof
of 
life

Sunday, 17 August 2014

smell the ash in my eyes

it looks like
the gnarly sky
is headed towards
an outburst of
dark leaded drops
if only I can taste the sky-water again
come rain come wash away
the soot of the black-blistered land
we have had enough fires and smoke
enough hatred and killing
the bodies can not keep upright in
this soulless aridity
smell the ash
in my eyes
peace is a forgotten word
the tumescent earth
has forgotten how to breathe
belligerence abounds
the mountain buttresses
shake with
the
spasms
of
suffocation

Tuesday, 12 August 2014

wonderlike malligheid

sluk terug my kwylende tong

getye smelt oor my voete

deurmekaar voetspore

blydskap van reunifikasie
wink diep en so ekstaties in my een oog
klou ek aan die liefde
geen groter blydskap as hierdie
verskrikking van die spinnekoppe en hulle rakke
slaat die wonderlike malligheid in die pleister van die mure

uit die oneindigende windrigtings
kom vissermanne se aas-asems gejaag

die vuurvliegies vlieg in my hare
verbyster my pad

die vreugde knyp my aan 
die binnekant van my kieste

hoe deel ek hierdie met die wêreld?

Sunday, 10 August 2014

ek smag

ek smag vir uitbreiding transformasie verandering 
en 
transendering

gooi my boks weg
tyd vir kreatiewe vernuwing
hoe ver moet ek die ek strek
tot ek tot op nuwe ongekarteerde terrein opdaag?

goddêmmit ek wil iets skryf en sê
wat nie soos ek klink nie
wat nie beswadder is met die eng kanvas
van hierdie een enkele kleinsielige en 
kleinoppervlakkige ek nie!

die gewone eerste persoon vertelling
raak nou afgesaag
gee die eerste persoon oor na iemand anders
die oorspronklike ek se choreografie
heers nog te sterk
gooi haar uit
haar soort is nie nou welkom hier!

oorbewolk oorskadu oorvloed oorbevolk oorbefok met die ek

smagting na splinternuwe vorme van uitdrukking
honger vir nuutgeskepte simbole
en
dors vir nooit-vantevore-gehoorde inkantasies

kan ek vir ‘n oomblik aan amnesia ly
en asseblief nog ‘n sin vir die digkuns behou?

kan ek vir een helse kreatiewe oomblik
vry van die bewussyn van self wees?
kan ek ‘n ontdekkingsreisiger wees
sonder die ek-sindroom?
net vir enkele seisoene soek ek geen self-en wêreldkennis 
geen konteks en geen geskiedenis
geen verbintenis en geen behoort
geen assossiasies en geen onthou
en asseblief geen taal
laat ek los van dit alles kan staan
om toet-tale vryheid aan my digkuns te gee

                ontginning van onontdekte klip

ek gaan oefen om dit reg te kry
om vry van my eie beperkte en
beperkende denke te wees

dit sal seker help om van tyd tot tyd
die ego op te gee
maar ek baklei daarteen - ek is geen boeddhis
my lyf is so deurtrek met die ek-aroma
my gees so gehul in die ek-stralekrans
wat is die kans dat ek buite
die ek kan bestaan?!
  
her-bedink her-ontwerp
de-programmeer
en her-programmeer

skielik sien ek my                            ek               daar in die koue verte opgekrul lê
sy voel so aangetas met hierdie honger en 
soeke vir ‘n ander self
sy is moeg

tog weet sy
al wat die ek sal red
is die waterput van haar verbeelding

Thursday, 7 August 2014

just try

scream status 
count results
all right 
think out passwords
turn around
sirens 
waves collapse
crush float exasperate

shouting oceanic expanse


peephole to the essence of life



shiver in the corner of your box


tumble over snowfields

try to wipe the taste of the syllables off of my tongue

just try
and i 
will 
slap
you

Tuesday, 5 August 2014

beperking

ek is verbaas daar is
nie meer van ons wat mal raak
weens die beperking van ons twee oë
wat net vanuit die sentrum
van die gesig
 - op hoek van Neus en Tempel -
kan sien

Saturday, 2 August 2014

verant-woorde-likheid

ek weet die woorde agtervolg my
ek kan hulle net nie sien nie!
ek kyk al om my heen
sonder vorm sluip hulle
hoorbaar is hulle hygende asemhaling in
die gate van die lug

donder weet, ek is verslaaf daaraan om hulle in ‘n vorm te giet
ek kry net nie genoeg daarvan!
god weet, hierdie skryfkuns is goed vir die hart
dit oefen die palpiterende spier teen ‘n ferm en ritmiese pols
senuwees staan pen-orent
geen afskaling van my waaksaamheid
my oë staan op stokkies
ek wil enige iets in die nabye en in die vertes 
kan raak eien en dit omskryf vanuit
die kwylende vervoering
ek soebat dat die verruklike harmonie en
die uitbundige ekstase van die skrywershand
nie
verdwyn
nie
ek skryf dit diep in
die gryn van my wese
laat dit soos ‘n hipnotiserende mantra in my resoneer
en my nooit laat los

dit voel asof die verant-woorde-likheid
net te groot is om die woord te laat kwyn
die gevoelentes metafore en objekte
sal my nooit vergewe as ek hulle so kop-en beenloos
in die stof laat lê
ek sal dit uitdruk tot die laaste druppel toe
al is dit die enigste ding wat ek doen
dis vervulling genoeg
om beelde en beindruksels
uit
die
swart
griffels
te
giet