Sunday 11 April 2021

die oggend is net te oggend

die oggend is net te oggend
die duiwe te duif
die kerk oorkant my slaapkamervenster te kerk
die houtvloer onder my voete net te houtvloer
my hart is net te hart
my longe net te veel long

kan dinge nie net vir die oomblik
'n bietjie minder wees nie?
hulle staan te volbloedig en oorvloedig in 
hulle is-heid

o wee o wee
my woorde is te woord om 
hierdie volwaardige is-wees van dinge vas te vang

 - Clarendon gastehuis, Ugie, die Oos-Kaap

No comments:

Post a Comment