Friday 9 April 2021

wanneer ek dans

wanneer ek dans
glip my siel uit my tone
en word so sigbaar en tasbaar
soos 'n ver-rykende boom

kom staan onder my arms 
se skarnierende skaduwees

die toorkrag begin't vonk
die winde pirouette
hulle warm poele
oor my wange en kuite

my dansende lyf is
rinkinkende ligkolle 
wat geruisloos deur 
die strak gesig van die straat kolk

No comments:

Post a Comment